Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US fasiliteer skepping van Lückhoff Lewende Museum
Begin: 26/10/2019, 12:00
Einde: 26/10/2019, 15:00
Kontak:Ashtrolita Rudolph - 021 808 3645
Plek: Old Lückhoff School, Banhoek Road, Stellenbosch.

In ooreenstemming met die Universiteit se waardes van deernis, billikheid, verantwoordbaarheid, respek en uitnemendheid, reik die instelling se Afdeling Sosiale Impak ʼn hartlike uitnodiging na voormalige leerders van Lückhoff Skool en lede van die Lückhoff-skoolgemeenskap van 1969 uit om aan die seremonie deel te neem waarin twee van die oorspronklike skoolbanke as ʼn daad van herstellende geregtigheid terugbesorg sal word.    

  • Die geleentheid vind plaas op Saterdag 26 Oktober 2019 van 12:00 tot 15:00 in die Ou Lückhoff Skool in Banhoekweg in Stellenbosch.
  • Skakel met Ashtrolita Rudolph by arudolph@sun.ac.za of tel. 021 808 3645 vir meer inligting en om bywoning te bevestig.