Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Skryfwerkswinkel: Akademiese Artikels
Begin: 09/09/2019, 09:00
Einde: 10/09/2019, 16:30
Kontak:Selene Delport - 021 808 2947
Plek: Tygerberg Campus

Die Skryflab se Werkswinkel in Skryfvaardighede vir Akademiese Artikels bied aan nagraadse studente die geleentheid om op ʼn interaktiewe en praktiese wyse hulle akademiese skryfvaardighede op te knap en om antwoorde op hul vrae rondom akademiese skryf in die algemeen te kry. Verskeie aspekte rondom die skryf van navorsingsartikels sal bespreek word, soos die skep van eksterne en interne koherensie, akademiese skryfstyl, die opsomming, asook hoe om self die teks te hersien. Die idee is egter nie om vir deelnemers vaste 'skryfreëls' voor te hou nie, maar om eerder algemene riglyne te gee oor hoe om verskillende skryfstrategieë te gebruik om inligting, data en argumente op die mees effektiewe manier oor te dra.

Volledige inligting en die inskrywingsvorm kan van die Taalsentrum se Webwerf afgelaai word. Slegs 20 deelnemers kan in die werkswinkel geakkommodeer word. Om jou plek in die werkswinkel te verseker, e-pos asseblief die voltooide inskrywingsvorm aan Celestia February by februaryc@sun.ac.za.  

Inskrywings sluit op 2 September 2019.