Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
“After School Game Changer” Seminaar
Begin: 30/05/2019, 09:30
Einde: 30/05/2019, 12:30
Kontak:Chrishar Rock -
Plek: Room 5003, Faculty of Education

​Die Afdeling Sosiale Impak in vennootskap met die Wes-Kaapse regering nooi u hartlik uit na ʼn seminaar getiteld “After School Game Changer”.

 

Tweelinge wat in twee verskillende kontekste grootword – een in ʼn huis met voldoende hulpbronne en een in armoede – sal hul volwasse lewe met verskillende geleenthede en moontlikhede betree. Die vernouing van die geleentheidsgaping vir leerders met onvoldoende hulpbronne verg dat almal betrokke raak by die ontwikkeling van ons kinders en die jeug. Dit vereis ʼn veeldissiplinêre reaksie van akademici, die burgerlike samelewing en die regering. Gegewe die beperkings van die bestaande KABV-kurrikulum bied verrykingsprogramme ná formele skoolure ʼn geleentheid om die gaping te vernou. Uitgebreide onderwys word toenemend erken as ʼn belangrike gebied vir belegging en optrede. Sluit by ons aan om meer uit te vind oor wat tans in die sektor plaasvind en die geleenthede vir samewerking, navorsing en studentebetrokkenheid.

 

 Klik hier vir meer inligting.

 

Ons sien uit om u daar te sien!

 

Datum:

Donderdag 30 Mei 2019

Tyd:

09:30–12:30

Plek:

Kamer 5003, Fakulteit Opvoedkunde

 

RSVP na chrishar@sun.ac.za teen 23 Mei 2019