Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Die vreesaanjaendste module wat ek ooit moes doseer – sagte vaardighede in ‘n omgewing van harde vaardighede – Eerste Besinnings.
Begin: 28/05/2019, 12:45
Einde: 28/05/2019, 13:45
Kontak:Ms Nothemba Nqayi - (021) 808 3717
Plek: Den Bosch, 41 Victoria Street (opposite House Skuilhoek and directly behind the Conservatoire)

​AUXIN aangebied deur: Die Sentrum vir Onderrig en Leer (SOL)

Titel van Aanbieding: Die vreesaanjaendste module wat ek ooit moes doseer – sagte vaardighede in 'n omgewing van harde vaardighede – Eerste Besinnings.

Opsomming van Uitnodiging: Hiermee nooi SOL u graag na 'n etensuursessie as deel van die Auxin-projek. Die Auxin-projek het dit ten doel om groeigeleenthede vir US-dosente te skep.

Titel en Naam van Aanbieder(s): Dr. Michael Schmeisser

Kort Biografie van aanbieder(s): Michael is 'n dosent / navorser by die Hortologie departement, waar hy spesialiseer in ekofisiologie. Hy doseer in drie modules op 1ste, 2de en 4de jaar vlak met plant morfologie, plant voortplanting en ekofisiologie onderskeidelik as onderwerpe. Te midde van 'n sterk navorsingsfokus in Hortologie, het Michael 'n passie vir onderrig en leer ontwikkel, en veral vir betekenisvolle leer in die klaskamer.

 Opsomming:

 (“Blurb") (met inbegrepe van Gevolgtrekkings en Implikasies vir Onderrig en Leer @US)

Hierdie aanbieding gee terugvoer op 'n eerstejaar module vir sagte vaardighede.  Die module is deur Michael ontwerp aan die hand van 'n raamwerk vir outentieke leer (uit Herrington & Oliver, 2000), en vir die eerste keer in 2018 aangebied het in 'n wetenskaplike omgewing.  Die aanbieding besin op sy persoonlike ervaring, die studente se reaksie, slaggate en eerste reiterasies.

Ons studente word goed opgelei vir die akademiese, die  wetenskaplike en selfs die industriële wêreld, en hulle is hopenlik toegerus met kennis, logiese en kritiese denkvaardighede deur hul 4 jaar van studie. Ek het egter altyd aangevoel dat baie studente nie werklik bewus is van die finale “kwaliteit student" waarheen hulle ontwikkel deur die loop van hul studies nie.  En as hulle deur hul studie jare dwaal sonder 'n werklike doel, word dit 'n somber akademiese reis wat nie betekenisvolle leer bevorder nie. Dit was hierdie “gebrek aan 'n doel vir leer" wat my gelei het om hierdie module te konsepsualiseer. Daar was 'n behoefte aan 'n verskeidenheid persoonlike en interpersoonlike vaardighede om sodoende student toe te laat om bewus te raak van hulleself binne die konteks van die universiteit.  

Die doel van die module was om studente tot 'n mate voor te berei met beter begrip van die doel van hul studies vir die volgende drie jaar van hul akademiese lewe. Alhoewel die module uit 'n verskeidenheid onderwerpe bestaan, is die belang van refleksie op self en refleksie op leer, die deurliggende boodskap en dus word student geleer om te reflekteer (Ryan, 2013). Studente is bekend gestel aan die ontwikkeling van 'n e-portefeulje as 'n hulpmiddel om deurlopende refleksie in hul studies te bevorder. Dit kan moontlik student toerus om bewyse van leer in te samel wat verder as die akademiese program strek, en dus moontlik bydra tot hul indiensneembaarheid na studies.

Om die voordele van die module werklik te definieer verg 'n langtermyn opvolg studie, spesifiek wanneer hierdie studente in hul 4de jaar van studie is. Indien die module se doel bereik word, sal eerstejaar studente beter begrip hê vir die doel van hul studies, wat 'n platform kan skep vir leer om plaas te vind.

 Artikels:

(Bibliografiese gegewens van 2 maklik-verstaanbare artikels oor die onderwerp)

Herrington, J. & Oliver, R., 2000. An instructional design framework for authentic learning environments. Educational Technology Research and Development, 48(3), pp. 23-48.

Reese, M., & Levy, R. (2009). Assessing the future: E-portfolio trends, uses, and options in higher education (Research Bulletin, Issue 4). Boulder, CO: EDUCAUSE Center for Applied Research.

Ryan, M. 2013. The pedagogical balancing act: teaching reflection in higher education. Teaching in Higher Education, 18(2), pp. 144-155.

Dochy, F.J. and Alexander, P.A. (1995). Mapping prior knowledge: A framework for discussion among researchers. European Journal of Psychology of Education, 10(3), pp. 225-242.

Sleutelwoorde: Refleksiewe onderrig; e-portefeuljes; professionele werk, sagte vaardighede; eerstejaar module

Datum van Aanbieding: 28 Mei 2019

Tyd: 12:45 – 13:45

Plek: Den Bosch, Victoriastraat 41 (oorkant Huis Skuilhoek, direk agter die Konservatorium)

RSVP asseblief deur die volgende Google Form te voltooi:

https://docs.google.com/forms/d/e/1FAIpQLSfqtAwQGhYM9nKv0JeZVpkyhGew7LqVX79QLYMo-aZlHE7C9w/viewform?usp=sf_link

Navrae: Me Nothemba Nqayi, nothemban@sun.ac.za, 021 808 3717

Kansellasies: Indien u, om watter rede ookal, nie meer die AUXIN kan bywoon nie, versoek ons dat u asseblief u registrasie ten minste 7 kalenderdae voor die tyd kanselleer, deur Me Nqayi te kontak (kontakbesonderhede hierbo). Daar is sekere kostes verbonde aan elke AUXIN vir SOL, en die versoek is om finansiële implikasies te minimaal te hou.

Meer Inligting: Na afloop van die sessie sal die potgooi beskikbaar wees op SOL se webtuiste: www.sun.ac.za/ctl