Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Herstrukturering van wetenskap en navorsing by US-simposium onder die soeklig
Begin: 21/05/2019, 09:00
Einde: 21/05/2019, 13:10
Kontak:Simone Alexander -
Plek: SU Library Auditorium

Kyk die uitsending hier

'n Simposium met die tema 'Restructuring Science and Research at Stellenbosch University on the basis of justice, inclusion and ethical integrity' word aanstaande week by die Universiteit Stellenbosch (US) aangebied.

Lede van die kampusgemeenskap word uitgenooi om die simposium op Dinsdag, 21 Mei 2019 van 09:00 tot 13:10 in die ouditorium van die US-biblioteek op die Stellenbosch-kampus by te woon.

Die program sal afskop met 'n inleiding en 'n uiteensetting van die oogmerke van die simposium, gevolg deur die eerste paneelbespreking getiteld 'Race and the Politics of Knowledge at Stellenbosch University', wat van 09:15 tot 10:45 sal duur. Die paneel sal bestaan uit Proff Jonathan Jansen (Opvoedkundige Beleidstudies, US), Amanda Gouws (Politieke Wetenskap, US), Steven Robins (Sosiale Antropologie, US) en Barbara Boswell (Departement Engels, UK).

Die tweede paneelbespreking sal van 11:05 tot 12:50 duur en die tema is 'Research, Science and Ethics at Stellenbosch University'. Die paneellede is prof Gubela Mji (Sentrum vir Rehabilitasiestudies, US), me Melany Hendricks (Psigiatrie, US), prof Nadine Bowers-Du Toit (Eenheid vir Godsdiens en Ontwikkelingsnavorsing, US), emeritus-professor Anita van der Merwe (Verpleging) en prof Usuf Chikte (paneelmoderator – Globale Gesondheid, SU).

Die program sal afsluit met 'n bespreking van resolusies van 12:50 tot 13:10.

Sitplek in die ouditorium is beperk en daarom is dit noodsaaklik om per epos bywoning te bevestig by me Simone Alexander: salex@sun.ac.za.

Die uitnodiging na die simposium is uitgereik deur proff Aslam Fataar, Amanda Gouws en Usuf Chikte in hul hoedanigheid as senaatslede wat in die Universiteitsraad dien, en ander besorgde senaatslede.​