Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Neem deel aan 'n skryfmarathon
Begin: 16/05/2019, 09:00
Einde: 27/06/2019, 16:30
Kontak:Selene Delport - 021 808 2947
Plek: Tygerberg Campus and Stellenbosch

Soms is dit moeilik om genoegsame tyd opsy te sit om te skryf en ʼn skrywer kan maklik momentum verloor. Om jou te help om weer skryfmomentum op te tel, bied die Skryflab in Mei twee skryfmarathonne aan. Kom spandeer gerus die dag saam met ons waar jy die geleentheid sal hê om in ʼn ondersteunende omgewing aan jou tesis, voorstel of artikel te werk. Ons begin met ʼn paar opwarmingsoefeninge om jou op dreef te kry en ʼn fasiliteerder sal deurgaans beskikbaar wees om jou te help.

Datums, tye en plekke:

  • 16 Mei (09:00-16:30) op Tygerbergkampus
  • 27 Mei (09:00-16:30) in Stellenbosch ​

Volledige inligting en die inskrywingsvorm kan van die Taalsentrum se Webwerf afgelaai word. Daar is ʼn beperkte aantal plekke beskikbaar in die marathon. Om jou plek in die marathon te verseker, e-pos asseblief die voltooide registrasievorm aan Celestia February by februaryc@sun.ac.za.