Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Simposium: Ras as 'n veranderlike in wetenskaplike navorsing: Polemiek & Kommer
Begin: 13/05/2019, 12:30
Einde: 13/05/2019, 14:00
Kontak: - 021 938 9202
Plek: Tygerberg-kampus / Campus

Die sterk reaksie wat uitgelok is deur navorsing wat gepubliseer is deur sommige van ons kollegas in die Departement Sportwetenskap dui op ʼn behoefte vir diep nadenke oor die gepastheid van ras-gebaseerde navorsing in die Suid-Afrikaanse konteks.

U word uitgenooi na ʼn simposium waar uitgenooide paneellede van verskeie dissiplines kort insette oor sal gee, gevolg deur gesprekke met die gehoor.

Datum:  Maandag 13 Mei 2019
Plek:  Lesinglokaal 12, Onderwysgebou, Tygerberg-kampus
Tyd: 12:30-14:00

Moderator: Prof Jimmy Volmink, Dekaan Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

Paneellede:

  • Prof Soraya Bardien-Kruger, Medeprofessor: Molekulêre Biologie en Mensgenetika, US
  • Prof Jonathan Jansen, Uitgelese Professor: Opvoedkundige Beleidstudies, US
  • Prof Keymanthri Moodley, Professor: Sentrum vir Mediese Etiek en die Reg, US
  • Prof Leslie Swartz, Uitgelese Professor: Sielkunde, US
  • Prof Elmarie Terblanche, Professor: Sportwetenskap, US