Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Fakulteit Natuurwetenskappe Navorsingstentoonstelling
Begin: 07/06/2019, 12:00
Einde: 07/06/2019, 18:00
Kontak:Comari Schoeman - 021 808 2684
Plek: Riboville Boutique Hotel & Restaurant, Waterfall Equestrian Estate, Gate 9, Waterfall Drive, Waterfall City, Johannesburg

Jy word vriendelik uitgenooi na die Fakulteit Natuurwetenskappe, Universiteit Stellenbsoch se eerste navorsingstentoonstelling in Johannesburg, waar jy bekendgestel sal word aan ons nuutste navorsingsprojekte. Jy is meer as welkom om hierdie uitnodiging ook aan te stuur na kollegas en industrievennote.

Die navorsingsprojekte sal verteenwoordigend wees van al ons akademiese departemente, soos biochemie, plant- en dierkunde, chemie en polimeerwetenskap, aardwetenskappe, wiskunde, rekenaarwetenskap, toegepaste wiskunde, mikrobiologie, fisika en fisiologiese wetenskappe. Fasiliteite wat met die Fakulteit verbind word soos die US Waterinstituut, die Sentrale Analitiese Fasiliteite (SAF) en SACEMA, sal ook teenwoordig wees.

Jy is welkom om met die navorsers te gesels en die navorsingstemas op jou eie tyd tussen 12:00 en 18:00 te bestudeer. Bykomend hiertoe, sal 'n reeks praatjies ook deur die loop van die dag aangebied word waar spesifieke navorsingsareas belig sal word.

Hierdie navorsingstentoonstelling word aangebied in samewerking met die Fakulteit Ingenieurswese.

Datum:  Vrydag, 7 Junie 2019

Tyd:  12:00 to 18:00

Plek:  Riboville Boutique Hotel & Restaurant, Binne Waterfall Equestrian Estate, Hek 9, Waterfall Drive, Waterfall City, Johannesburg (26.0232° S, 28.0817° E) Die praatjies deur navorsers in die Fakulteit Natuurwetenskappe is as volg geskeduleer:  

12:30 ~ A tour of machine learning activities for industry at Stellenbosch University (Prof Hugo Touchette)  
13:30 ~ Physics solutions for real world problems: From custom measurements to data analysis (Dr Pieter Neethling)
14:30 ~ Advanced analytical techniques for industry (Prof André de Villiers)  

Indien jy hierdie geleentheid wil bywoon, voltooi asseblief die RSVP vorm teen Vrydag, 24 Mei 2019.