Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Vars van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees
Begin: 04/05/2019, 10:00
Einde: 11/05/2019, 10:00
Kontak:Mareli Pretorius - 021 8083089
Plek: Adam Small Theatre Complex

​Die Dramadepartement, in samewerking met Kunste Onbeperk en ondersteun deur Nati, bied ʼn kleurryke weergawe van Jakkals en Wolf stories vanaf 4-11 Mei 2019 by die Adam Small Teaterkompleks aan. Kaartjies is aanlyn by quicket.co.za beskikbaar. Jakkals en Wolf Onbeperk het vroeër die jaar by die KKNK gespeel en het drie Kanna-nominasies ontvang. Devonecia Swartz, wat die rol van Jakkals vertolk, is as beste opkomende kunstenaar aangewys. Die Jakkals en Wolf Onbeperk teks is deur Malan Steyn geskep, oorspronklike musiek en lirieke deur Frazer Barry, choreografie deur Estelle Olivier en regie is deur Amelda Brand behartig.