Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Skep aanbiedings met selfvertroue
Begin: 02/04/2024, 09:00
Einde: 03/04/2024, 16:00
Kontak:Michelle Pieters - 021 808 2812
Plek: Language Centre Seminar Room, Kleine Bosch, 44 Banhoek Road, Stellenbosch

Waarop fokus hierdie kursus?

In hierdie praktiese kursus, aangebied deur die Taalsentrum se Kommunikasielab, sal jy leer hoe om geslaagde, boeiende aanbiedings te ontwikkel en aan te bied. Jy sal waardevolle aanbiedingsbeginsels onder die knie kry en grondige teoretiese en praktiese kennis opdoen.

Die kursus sal jou help om:

·       jou persoonlike styl en stempel in jou aanbiedings oor te dra

·       te weet hoe belangrik liggaamstaal, handgebare, postuur en funksionele beweging is en hoe om dit te gebruik

·       grondige kennis van verskeie aanbiedingsmetodes en -strukture te ontwikkel

·       jou aanbieding visueel op te kikker om jou gehoor te boei.

ʼn Sertifikaat van bevoegdheid sal na suksesvolle voltooiing van die kursus uitgereik word. 

Wie is die aanbieder?

Eduard de Kock is ʼn uitstekende aanbieder, tolk, kommunikasie-kursusdosent en -fasiliteerder. Hy is boonop ʼn ervare seremoniemeester en vryskutnuusleser en -verslaggewer vir Eyewitness News.

Wie kan dit bywoon en watter loopbaanvoordele hou dit in?

Indien jy aanbiedings duidelik en selfversekerd wil aanbied – hetsy aan 'n groot gehoor of gedurende een-tot-een onderhoude – dan is hierdie kursus vir jou! Ons beperk die aantal deelnemers om optimale leer te verseker. 

Die kontaksessies word deur ʼn aanlyn komponent aangevul, en alle aspekte van die kursus word geassesseer.

Is daar enige voorvereistes?

Jy sal 'n rekenaar en betroubare webblaaier benodig wat ons aanlyn platform (SUNOnline) kan hanteer. Jy sal ook elektroniese dokumente moet kan skep. 

Waar en wanneer vind hierdie kursus plaas?

Ons hibriede kursusse kombineer kontaksessies, wat deur die aanbieder gefasiliteer word, met aanlyn leer wat jy op eie stoom doen.

Kursusse open voordat die eerste kontaksessie plaasvind en sluit lank ná die laaste kontaksessie. Dit gee jou genoeg tyd om jou SUNOnline-teenwoordigheid te aktiveer voordat die kontaksessie plaasvind.

Hierdie intieme tweedagkursus vind plaas van 09:00 tot 16:00 in die Taalsentrum se Seminaarkamer in Kleine Bosch, Banhoekweg 44, Stellenbosch op die volgende datums: ​

 Kontakdae
(09:00 tot 16:00)
Duur van die kursus
(openings- en sluitingsdatums)
Skryf in voor
Kursus 1: 2 en 3 April14 Maart tot 17 April​14 Maart
Kursus 2:19 en 20 Junie29 Mei tot 4 Julie29 Mei
Kursus 2:
​10 en 11 September
​20 Augustus tot 25 September
​20 Augustus

Wat kos die kursus?

Die kortkursusfooi is R5 510 per deelnemer, wat kursusmateriaal, sessies met jou aanbieder en verversings insluit.

Alle kursusfooie moet asseblief vóór die begin van die kursus betaal wees. Let ook daarop dat ons hierdie kursus net sal aanbied wanneer ʼn minimum van vier kandidate wat klaar betaal het, bywoning bevestig.

Stel jy belang?

Klik hier en voltooi die vorm indien jy belangstel om hierdie kursus by te woon. Ons sal jou kontak met die skakel om in te skryf.​

Enige verdere vrae?

Skakel met Michelle Pieters vir meer besonderhede by michellep@sun.ac.za of 021 808 2812. Jy kan ook jou spesifieke kortkursus- en ontwikkelingsbehoeftes met ons bespreek. Doen gerus navraag oor beskikbare kortkursusse, datums en die moontlikheid van pasgemaakte kursusse.