Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
“Geestesvrugte saam met straatslimheid”. Besinnings oor die eerste vyf jaar van ‘n studentementorprogram vir eerstejaars in die Verlengde Graadprogram van die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe.
Begin: 23/04/2019, 12:45
Einde: 23/04/2019, 13:45
Kontak:Ms Nothemba Nqayi - (021) 808 3717
Plek: Room 3008, Education Faculty

Titel van Aanbieding: “Geestesvrugte saam met straatslimheid".  Besinnings oor die eerste vyf jaar van 'n studentementorprogram vir eerstejaars in die Verlengde Graadprogram van die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe.

Opsomming van Uitnodiging

Hiermee nooi SOL u graag na ’n etensuurpadkossessie as deel van die Auxin-projek. Die Auxin-projek het dit ten doel om groeigeleenthede vir US-dosente te skep.

Titel en Naam van Aanbieder(s): Me. Shona Lombard
Kort Biografie van aanbieder(s):Die aanbieder is sedert 2011 voltydse dosent in die Verlengde Graadprogram (VGP) in die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe.  As deel van haar akademiese pligte koördineer sy verskeie ondersteuningsmodules van die VGP: Inleiding tot die Geesteswetenskappe 178  en 188;  en Tekste in die Geesteswetenskappe 113 en 143. In 2015 begin sy ook die mentorprogram op die VGP en is steeds die koördineerder.

Opsomming (“Blurb”) (met inbegrepe van gevolgtrekkings en implikasies vir Onderrig en Leer @US):

Sedert die mid-1990s is verlengde graadprogramme (VGP’s)  ingestel by tersiêre instellings, ook by Stellenbosch Universiteit, in antwoord op die groot aanvraag vir alternatiewe toegangsroetes tot universiteitstudies saam met beter sukseskoerse vir studente wat nie voldoende voorberei is vir universiteit nie  (Young, Loots, Louw & Wagener, 2010).  Spesifieke ondersteuningsmodules binne die VGP’s het ten doel om studente te help met die oorgangsproses van basiese na hoër onderwys sodat hulle kanse op akademiese sukses kan verhoog. Naas sulke ondersteuningsmodules kan mentorprogramme met medestudente unieke ondersteuning bied en ‘n diepgaande bydrae lewer om eerstegeslag-universiteitgangers suksesvol te integreer (Wisker, Exley, Antoniou & Ridley, 2008).          

Onder leiding van dr. Gillian Arendse (voormalige hoof van die Sentrum vir Mentor-, Tutor- en Leierskapontwikkeling aan die US) is ‘n formele mentorprogram vir medestudente in 2015 begin om VGP-eerstejaarstudente in die Fakulteit te ondersteun. Die doel van die program is om ‘n veilige ruimte te skep waarbinne eerstejaars in die VGP in gesprek tree met senior VGP-studente. Die mentorsessies fokus op hulle ervarings om die gaping tussen skool en universiteit te oorbrug.

 

In 2016 en 2017 het die aanbieder ‘n FINLO-befondsde studie gedoen om die sosiale en akademiese impak van die eweknie-mentorskapprogram te ondersoek. Die kwantitatiewe en kwalitatiewe data en die jaarlikse evaluasieproses dui aan dat die

mentorprogram wel veilige, ondersteunende en uitdagende ruimtes bied waarbinne kritiese en kreatiewe denkprosesse bevorder is wat kan lei tot positiewe gedragsverandering by sowel die mentors as die medestudente wat deur hulle gementor word.

Sedert 2017 is die aanbieder ook betrokke by ‘n proses om ko-kurrikulêre akkreditasie te bewerkstellig vir die program se mentors en supermentors (voormalige mentors wat nuwe mentors oplei).  As ‘n voorbeeld van ervaringsleer (Kolb, 1984) bied hierdie mentorprogram heelwat geleenthede vir wisselwerking tussen die mentors en die gementordes se persoonlike kennis en sosiale kennis in ‘n ruimte van ontwikkeling.

In hierdie Auxin-sessie sal die aanbieder besin oor van die belangrikste lesse wat sedert 2015 in die mentorprogram geleer is, dataresultate deel, verslag doen oor strukturele veranderings in die program en toekomsplanne bespreek.

Artikels

(Bibliografiese gegewens van 2 maklik-verstaanbare artikels oor die onderwerp)

Crisp, G., Cruz, I. 2009. Mentoring college students: A critical review of the literature between 1990 and 2007. Review of Educational Research, 50: 525-545.

Terrion, J.L., Leonard, D. 2007. A Taxonomy of the characteristics of student peer mentors in higher education: findings from a literature review. Mentoring and Tutoring: Partnership in learning, 15(2):149-164.

Boeke:

Collier, P.J. 2015. Developing effective student peer mentoring programs. Virginia: Stylus.

Firth, L., May, G. & Pocklington, A. 2017. A student's guide to peer mentoring. London: Palgrave

Sleutelwoorde: Studentementor, Verlengde Graadprogram, ervaringsleer, eweknieleer

Datum: 23 April 2019

Tyd: 12:45 - 13:45

Plek: Lokaal 3008, Fakulteit Opvoedkunde

RSVP asseblief deur die volgende Google Form te voltooi: https://docs.google.com/forms/d/e/1FAIpQLSfqtAwQGhYM9nKv0JeZVpkyhGew7LqVX79QLYMo-aZlHE7C9w/viewform?usp=sf_link

Navrae: Miss Nothemba Nqayi, nothemban@sun.ac.za, (021) 808 3717

Kansellasies:

Indien u, om watter rede ookal, nie meer die AUXIN kan bywoon nie, versoek ons dat u asseblief u registrasie ten minste 24 uur voor die tyd kanselleer, deur me. Nqayi te kontak (kontakbesonderhede hierbo). Daar is sekere kostes verbonde aan elke AUXIN vir SOL en die versoek is om finansiële implikasies minimaal te hou.


Meer Inligting:

Na afloop van die sessie sal die potgooi beskikbaar wees op SOL se webtuiste: www.sun.ac.za/ctl