Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Hoe om (byna) vir ewig te leef – ’n praatjie deur prof Wayne Derman
Begin: 26/04/2019, 18:00
Einde: 26/04/2019, 21:00
Kontak:Darryn Havenga - 021 808 9265
Plek: The Jubilee Room, BBar London, 43 Buckingham Palace Road, Westminster, London, SW1W 0PP
Maties in London word genooi na ’n praatjie deur prof Wayne Derman van die Universiteit Stellenbosch se Instituut vir Sport- en Oefeninggeneeskunde oor hoe om jonk te bly, en dít sonder Botox, Prozac of Viagra!

In die lig daarvan dat “teenveroudering”, “voorkomende geneeskunde” en “welstand” deesdae belangrike gonswoorde in persoonlike gesondheidsorg en fisiese prestasie is, moedig hierdie praatjie die gehoor op ’n vermaaklike dog ook intellektuele wyse aan om hulle huidige gesondheid en welstand holisties te beskou.

Die praatjie beskryf die verouderingsproses en hoe dit ons elkeen raak. Dit identifiseer risikofaktore waarna ’n mens in elke lewensfase behoort op te let, en verduidelik watter bewysgegronde strategieë doeltreffend werk op die gebied van teenverouderings- en voorkomende geneeskunde.

Prof Derman spoor die gehoor aan om beheer oor hulle lewens te neem en die vyfstapplan vir lewensgehalte en ’n lang lewensduur te volg.

Kom luister gerus hoe jy in 2019 behoort te leef, eet en oefen!

Datum: Vrydag 26 April 2019
Plek: Jubileumkamer, BBar London, 43 Buckingham Palace Road, Westminster, Londen,
SW1W 0PP
Tyd: 18:00–21:00
Drag: Deftig informeel
Koste: £10