Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Laat jou treë tel!
Begin: 10/04/2019, 13:00
Einde: 24/05/2019, 13:00
Kontak:Liz Dirkse-van Schalkwyk - 021 808 4689
Plek: Coetzenburg Stadium/ Coetzenburg-stadion

​Die Universiteit Stellenbosch, Sentrale Universiteit van Tegnologie, en Noordwes-universiteit is deur die Universiteit van die Vrystaat (UV), in samewerking met BESTMED, uitgedaag om deel te neem aan hul pedometer-uitdaging.

Die pedometer-uitdaging is 'n oproep aan personeel om groepe van vier te maak en dan hul aantal treë vanaf 10 April oor 'n tydperk van agt weke aan te teken. Aan die einde van die agt weke sal almal se treë opgetel word en die universiteit wat die meeste kilometers gestap het, sal as die fiksste universiteit bekroon word. Afgesien tot die wenprys vir die fiksste universiteit, sal die beste spanne by elke deelnemende instelling ook pryse wen.

Dit is maklik om deel te neem – maak spanne van vier, kies 'n spanleier, registreer aanlyn by https://www.ufs.ac.za/stellenboschregistration en voltooi die vrywaringsvorm en begin daai treë tel!

Personeel word ook uitgenooi na die bekendstelling van die BESTMED UV Pedometer-uitdaging:

Datum: 10 April 2019
Plek: Coetzenburg-stadion
Tyd: 13:00

Navrae: Liz Dirkse-van Schalkwyk  at le2@sun.ac.za  or  021 808 4689