Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Oop-aande in die US Botaniese Tuin: 7-9 Maart 2019
Begin: 07/03/2019, 17:00
Einde: 09/03/2019, 22:00
Kontak:Viola Calitz - 0218083054
Plek: Botanical Garden

​Lede van die publiek word genooi om die twee-aande blomtyd van die victoria cruziana waterlelie te beleef.  Die eerste aand ontplooi die blomkop in 'n groot sagte-wit blom net om die volgende dag onderwater te verdwyn en dan weer die tweede aand op te kom en ontvou in pragtige skakerings van lig na donker diep pienk.  Daarna verdwyn die blomkop permanent.  Dit is 'n merkwaardige skouspel wat slegs hier in die hele land geniet kan word.  Die Katjiepiering Restaurant (besprekings 021-8083025) asook die tuin winkel bly oop gedurende die oop-aande vanaf 17h00 tot 22h00, tussen 7-9 Maart 2019.