Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
User Experience (UX) fokus van die 15de Universiteit Stellenbosch Biblioteeksimposium
Begin: 15/11/2018, 08:00
Einde: 16/11/2018, 13:00
Kontak:Marié Roux - 021-808 2623
Plek: Stellenbosch Institute for Advanced Studies (STIAS)

​Die tema van die 15de Universiteit Stellenbosch Biblioteeksimposium wat op 15 en 16 November by STIAS plaasvind, is Smarter libraries: User experience (UX) in action.

Die hoofspreker, mnr Ned Potter van die Universiteit van York, se onderwerp is UX at York: embedding ethnography and design. Ander internasionale sprekers wat ook by die Simposium gaan optree, is mnr Lars Binau (Tegniese Universiteit van Denemarke), mnr Alex Ball (Universiteit van Bath), me Loretta Parham (Robert Woodruff Biblioteek, Atlanta Universiteitsentrum), me Abeer Al Kuwari (Qatar Nasionale Biblioteek), en dr Clara M. Chu (Mortenson Sentrum, Universiteit van Illinois).

Op die eerste dag word die onderwerp Smarter libraries through SMART technology aangeraak en daarna word ruimtes en fasiliteite bespreek as deel van Smart library design. Dag twee se onderwerp is Using UX research for smarter services and resources.

Personeellede van die Universiteit Stellenbosch is welkom om die Simposium by te woon. Die program en registrasiebesonderhede is op die webblad beskikbaar.