Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Jaarlikse openbare lesings oor die 2018 Nobelpryswenners
Begin: 18/10/2018, 18:00
Einde: 18/10/2018, 20:00
Kontak:Dr Pieter Neethling -
Plek: First Year Chemistry Building, De Beer Street, Lecture Hall 1015

Ter viering van die Nobepryse wat onlangs toegeken het, nooi die Fakulteit Natuurwetenskappe jou uit na 'n openbare lesing waar die werk van hierdie wetenskaplikes bespreek gaan word. Dié openbare lesings is 'n jaarlikste instelling wat deur die Departemente van Fisika, Biochemie, Fisiologiese Wetenskappe, en Chemie en Polimeerwetenskap in die Fakulteit Natuurwetenskappe georganiseer word.

Die aanbieders is dr. Carl Albrecht, voormalige hoof van navorsing by die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA), prof. Dirk Bellstedt van die Departement Biochemie, en dr. Pieter Neethling van die Departement Fisika.

Na afloop van die lesings sal ligte verversings in die vierkant van die De Beers-gebou bedien word. RSVP by physoffice@sun.ac.za teen Woensdag 17 Oktober 2018 vir spysenieringsdoeleindes.​