Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Eeufees-Galakonsert
Begin: 06/10/2018, 20:00
Einde: 06/10/2018, 22:00
Kontak:Fiona Grayer - 0218082358
Plek: Endler, Kpnservatorium, Stellenbosch

Die Endler Konsertreeks vier op gepaste wyse die Universiteit se 100ste verjaardag met 'n uitvoering van waarskynlik die werk wat nie alleen 'n hoogtepunt van die simfoniese genre teweeggebring het nie, maar terselfdertyd 'n ongekend treffende musikale gebaar van hoop en broederskap verteenwoordig. Die uitvoering van Beethoven se Negende Simfonie (Koorsimfonie) vind plaas op Saterdag 6 Oktober om 8 nm in die Endlersaal, Stellenbosch.

Hierdie is terselfdertyd die afskeidskonsert van dirigent  Corvin Matei, wat die Universiteit se Simfonieorkes gaan lei, met die gekombineerde kore van die Schola Cantorum, Canticum Novum, lede van die sangafdeling, en alumni van die Universiteit. Die konsert maak gebruik van uitsoek-soliste: sopraan Lauren Dasappa, mezzo-sopraan Minette du Toit-Pearce, tenor Makudupanyane Senaoana, en basbariton Thato Machona.

Kaartjies teen R140 (gewoon) en R100 (studente en pensioenarisse) is nou beskikbaar by Computicket, en by die deur. Vir verdere inligting skakel met Fiona Grayer by concerts@sun.ac.za of 021 808 2358.