Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
The Faculty of Science invites you to a guest lecture by BSc alumnus Dr Riaan Conradie.
Begin: 04/10/2018, 18:30
Einde: 04/10/2018, 20:00
Kontak: -
Plek: First Year Chemistry Building, De Beer Street, Lecture Hall 1015

Die Fakulteit Natuurwetenskappe nooi u vriendelik uit na 'n spesiale gaslesing deur BSc alumnus Dr Riaan Conradie, getiteld 'Die perfekte storm: wetenskap, tegnologie en sisteemdenke om menslike gesondheid te bevorder'. 

Terwyl hy besig was met sy navorsing vir 'n PhD in Biochemie by die Universiteit Stellenbosch, het Riaan 'n hoëtegnologie opstartmaatskappy, genaamd HealthQ Tegnologieë, in Augustus 2007 begin. Die maatskappy het gegroei en in 2015 stig hy LifeQ, 'n unieke multidissiplinêre span wat deur berekeningsisteembioloë gelei word. Hulle gebruik bio-wiskundige modelle om die individu se fisiologie op voortdurende basis te monitor. In sy lesing sal Riaan huidige en toekomstige vooruitgang in tegnologie bespreek en hoe hierdie nuwe tegnologieë, wanneer dit met interdissiplinêre vermoeëns en sisteemdenke gekombineer word, kan lei tot oplossings met positiewe impakte op individuele gesondheid. Laastens sal hy ook gesels oor die lesse wat hy as entrepreneur oor die jare geleer het.