Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
FGGW Galakonsert - Kaartjies nou beskikbaar
Begin: 05/10/2018, 19:00
Einde: 05/10/2018, 23:00
Kontak:Meggan Ceylon - 021 938 9202
Plek: Tygerberg-kampus / Campus

​Die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe se gewilde Galakonsert vind op Vrydagaand 5 Oktober by die Hugo Lambrechts Ouditorium plaas.

Dit beloof om 'n aand propvol vermaak vir elke smaak te wees. Die Stellenbosch Universiteit Mediese Orkes se uitvoering sal klassieke en kontemporêre gunstelinge insluit, en u kan ook uitsien na spesiale solo-optredes. 

Die Tygerberg Gospelkoor sal weer op die planke wees en ons Kampus se sangroepe gaan 'n verskyning maak. En moenie vergeet van die dansnommers, poësie en meer nie.

Kaartjies is nou aanlyn beskikbaar by www.webtickets.co.za of by die TSR-winkel op die Tygerberg-kampus. Kaartjies vir volwassenes kos R60 en R30 vir pensioenarisse, studente en kinders onder 12. 

Moet dus nie op u laat wag nie!

Navrae kan gerig word aan Meggan Ceylon by 021-938-9202 of meggan@sun.ac.za.