Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Interdissiplinêre kurrikulumontwerp: 'n gevallestudie uit 'n module oor gender, kultuur en religieuse diversiteit as deel van die VGP-steunvak, Inleiding tot die Geesteswetenskappe.
Begin: 25/09/2018, 12:45
Einde: 25/09/2018, 13:45
Kontak:Nothemba Nqayi - 0218083717
Plek: Den Bosch

In hierdie interdissiplinêre module oor geslag, kultuur en godsdienstige diversiteit is die kurrikulum ontwerp met die doel om 'n breër wêreldbeeld by veeltalige studente uit verskillende kulturele en godsdienstige agtergronde te kweek. Twee gasdosente uit verskillende fakulteite is vir hul kundigheid in hierdie verband genooi. Prof Dennis Francis (Departement Sosiologie en Sosiale Antropologie in die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe) het 'n inleiding gegee oor gender-konsepte wat deurslaggewend is in enige kritiese nadenke oor die menswaardigheid van die LGBTIQA-gemeenskap en vroue. Prof Xolile Simon (Departement Praktiese Teologie en Missiologie in die Fakulteit Teologie) het studente bekendgestel aan die belangrikste godsdienstige tradisies en die potensiaal van intrareligieuse, interreligieuse en sekulêre dialoog om plaaslike en internasionale konflik vreedsaam op te los. Studente is aangemoedig om krities na te dink oor die heersende houdings in hul godsdienstige en kulturele gemeenskappe wat die regte van die LGBTIQA-gemeenskap en vroue in die samelewing kan ondermyn. Prof Simon het studente aangemoedig om in isiXhosa, Afrikaans en Engels aan lesings deel te neem sodat hulle bydraes deel kon vorm van die kurrikuluminhoud, terwyl daar terselfdertyd erkenning gegee is aan hulle veeltalige identiteite.