Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Woordpret by die Woordeboek van die Afrikaanse Taal op 31 Augustus 2018
Begin: 31/08/2018, 12:30
Einde: 31/08/2018, 13:45
Kontak:Woordeboek van die Afrikaanse Taal - 0218873113
Plek: WAT 115 Banghoek Road

Marinda Engelbrecht, Kokkedoorfinalis en tans aanbieder van die TV-program Maklik met Marinda is op 31 Augustus die gas by die WAT se volgende Woordpret.  Sy sal 'n kookdemonstrasie gee. Marinda is ook saam met Herman Lensing die vervaardigers van Voorskoot en Lipstiek waarin daar ’n driegangmaaltyd op die verhoog gekook word. Dit is by die Woordfees en die Klein Karoo Nasionale Kunstefees opgevoer. Sy is ook betrokke by die regie van kinderteaterproduksies en is al sinoniem met Vlooi.

Annemie Adriaanse van Edgebaston Wyne sal van hul uitsoekwyne kom bekendstel en wyn, sap en ligte verversings is vanaf 12:30 beskikbaar. Marinda kom om 13:00 aan die beurt. Die program duur ongeveer 45 min. en sal dus voor 13:45 ten einde loop. 

Kaartjies kos R30 en daar is sitplek vir slegs 50 persone.  Skakel Susan of Tanja voor of op 29 Augustus by 021 887 3113 of kontak die WAT by wat@sun.ac.za om u sitplek te bespreek.  Die Buro van die WAT is in Banghoekweg 115, Stellenbosch.