Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Konferensie: Ending Statelessness
Begin: 21/08/2018, 11:00
Einde: 21/08/2018, 11:00
Kontak:Helette van der Westhuizen - 021 808 9560
Plek: Faculty of Theology, 171 Dorp Street, Stellenbosch

Die Fakulteit Teologie, Universiteit Stellenbosch bied in samewerking met die Streekkantoor vir Suider-Afrika van die Rosa Luxemburg-stigting (RLF) en die Verenigde Nasies se Hoë Kommissaris vir Vlugtelinge (UNHCR) Streeksverteenwoordiging vir Suider-Afrika, 'n konferensie aan oor die tema: “Ending Statelessness - The Role of Faith Based Organizations in the Southern African Region for the Protection of Stateless Persons and the Prevention of Statelessness". Die konferensie vind plaas op 29 en 30 Augustus 2018 in die Attie van Wijk Ouditorium by die fakulteit in Dorpstraat 171, Stellenbosch. Die program is aangeheg.Stellenbosch Statelessness Conference Programme.pdf

Duisende ontheemde gemeenskappe woon onder ons. Die vraag is hoe moet ons as geloofsgemeenskappe aandag gee aan die uitdaging van vlugtelinge en gewelddadige gemeenskappe.

Registrasie is gratis vir studente. Vir alle ander deelnemers is daar 'n fooi van R100 wat by registrasie betaal kan word.

Ons nooi u vriendelik om u bywoning deur middel van 'n e-pos te bevestig:

Helette van der Westhuizen, hvdwest@sun.ac.za of telefonies 021 808 9560 voor 24 Augustus 2018.