Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
SIONISME, PROFETIESE TEOLOGIE EN DIE UITDAGING AAN SUID-AFRIKAANSE CHRISTENE
Begin: 12/09/2018, 08:30
Einde: 13/09/2018, 13:00
Kontak:Marita Snyman - 0218082538
Plek: 171 Dorp Street, Stellenbosch

​Die Beyers Naudé Sentrum vir Publieke Teologie aan die Fakulteit Teologie nooi u graag uit na hul eerste seminaar oor Sionisme


Fooi vir twee dae (verversings ingesluit): R100 per persoon.

RSVP asseblief teen 31 Augustus 2018 na momberg@sun.ac.za  om jou plek te bespreek.

 

Sluit aan by Mark Braverman, 'n Joodse Amerikaner en outeur van Fatal Embrace (met voorwoord deur Walter Brueggemann) en A Wall in Jerusalem en Marthie Momberg vir 'n insiggewende bespreking.

Waarom die dringendheid en belang van hierdie onderwerp?

Oorvleueling (intersectionality) tussen die Palestynse stryd en ander konflikte wyer as hierdie smal gebied in die Midde-Ooste:  Hoe kan die studie van Sionisme kwessies soos oorheersing, sistemiese geweld en kolonialisme in ander dele van die wêreld na vore bring?  

Christen-skuldgevoelens oor Joodse lyding:  Kan 'n analise van die Christendom se aandeel in die onderdrukking van Palestyne lei na 'n nuwe verstaan van die kerk se na-oorlogse fokus op versoening en antisemitisme?

Verby dialoog tussen gelowe: Ongeskrewe reëls verbied kritiek van Israel en diegene wat Sionisme kritiseer word anti-Semiete genoem. Hoe kan die kerk hierdie uitdaging konfronteer? Hoe kan Christene dieper, meelewende verhoudinge met Jode op institusionele en persoonlike vlak bou, ten spyte van heftige weerstand vanuit die geledere van mede-Christene en Joodse kollegas wat kritiek teen Israel teenstaan?

'n Ekumeniese Beweging vir die 21ste Eeu: Ons keer terug na die fundamentele vraag wat deur Barmen en Belhar gevra word, naamlik hoe manifesteer kerkteologie in hierdie tye? Hoe kan dit ons aanmoedig om opnuut die betekenis van ekumenisme te vind?     

Deel gerus hierdie uitnodiging met vriende en kollegas wat mag belangstel.

Fooi vir die twee dae (verversings ingesluit): R100 per persoon.
RSVP teen 31 Augustus 2018 by momberg@sun.ac.za om jou plek te bespreek.