Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
STRAFREG 171-VIDEOPROJEK: ʼn STRAFREGDOSENT TOETS NUWE WATERS
Begin: 28/08/2018, 12:45
Einde: 28/08/2018, 13:45
Kontak:Miss Nothemba Nqayi - (021) 808 3717
Plek: Den Bosch, 41 Victoria Street (opposite House Skuilhoek and directly behind the Conservatoire)

AUXINS aangebied deurDie Sentrum vir Onderrig en Leer (SOL)
Titel van AanbiedingSTRAFREG 171-VIDEOPROJEK: ʼn STRAFREGDOSENT TOETS NUWE WATERS
Opsomming van UitnodigingHiermee nooi die SOL u graag na 'n etensuurpadkossessie as deel van die Auxin-projek. Die Auxin-projek het dit ten doel om groeigeleenthede vir US-dosente te skep.
Titel en Naam van AanbiederDr Mary Nel
Kort BiografieDr Mary Nel is ʼn senior dosent in Strafreg by die Departement Publiekreg. Sy is die voorsitter van die Fakulteit Regsgeleerdheid se Onderrig- en Leerkomitee en het reeds verskeie toekennings vir innoverende onderrig ontvang, insluitende ʼn US-toekenning vir Uitnemendheid in Onderrig in 2017.
Opsomming (“Blurb")

Volgens Cook-Sather (2010:555): “the most engaging, meaningful, and enduring education is that which affords students the opportunity to be actively involved – to be actors in their own learning."  Met dít in gedagte het ek in 2017 ʼn opsionele videoprojek in Strafreg 171, ʼn verpligte jaarmodule vir eerste- en tweedejaar-regstudente, bekendgestel. Die projek het werk in groepe van vyf behels, en ongeveer ʼn derde van die klas van 300 studente het filmuittreksels van 60 tot 90 sekondes ingehandig wat strafregverwante konsepte, gevalle of kwessies illustreer en verduidelik. Die uittreksels moes hul klasmaats op ʼn akkurate, verbeeldingryke, vermaaklike, interessante en oorspronklike manier rakende die regte opvoed en inlig.  Die filmuittreksels is in die klas vertoon, met pryse vir die beste voorleggings, wat ook op SUNLearn beskikbaar gestel is.

 

ʼn Videoprojek is beslis die soort intervensie wat deur enige akademikus oorweeg kan word wat aan studente ʼn alternatiewe – en kreatiewe – meganisme wil gee om hul leer te demonstreer (Willmott 2015). Dit het minimale ekstra werk van die dosent geverg, aangesien dit vrywillig en studentgedrewe was. Assessering was vinnig en eenvoudig – die uittreksels was kort, groepwerk het die totale getal voorleggings verminder, en die punt toegewys was ʼn alles-of-niks ekstra 2% krediet wat by die jaarpunt van studente gevoeg is wat aan die voorgeskrewe kriteria voldoen het.

 

ʼn Videoprojek soos dié hou talle moontlike voordele in. Die maak van filmuittreksels het oënskynlik studentgesentreerde, aktiewe en samewerkende leer aangemoedig. Dit het aan studente die geleentheid gegee om te leer terwyl hulle hul eweknieë onderrig en oor die leerproses te besin. Die kreatiewe dimensie het gehelp om regstudente uit te daag om verby hul instinktiewe regsvoorkeur vir die (linkerbrein-) opeenvolgende en verbale na die meer (regterbrein-) visuele, kreatiewe leermetode te beweeg, waardeur ʼn meer "heelbrein-", gebalanseerde leeroriëntasie bevorder is.

 

In my aanbieding gebruik ek gekose uittreksels van die studente se videos om te illustreer en te demonstreer hoe my gewenste akademiese uitkomste van meer holistiese, inklusiewe en aktiewe leer deur hierdie intervensie bereik is.

SleutelwoordeLeerstyle, aktiewe leer, samewerkende leer, video-uittreksels
Datum van Aanbieding
Tyd
28 Augustus 2018
12:45 - 13:45
PlekDen Bosch, Victoriastraat 41 (oorkant Huis Skuilhoek, direk agter die Konservatorium)

RSVP asseblief deur die volgende Google Form te voltooi:

https://docs.google.com/forms/d/e/1FAIpQLSfqtAwQGhYM9nKv0JeZVpkyhGew7LqVX79QLYMo-aZlHE7C9w/viewform?usp=sf_link

Navrae

Me Nothemba Nqayi

nothemban@sun.ac.za

021 808 3717

Meer InligtingNa afloop van die sessie sal die potgooi beskikbaar wees op SOL se webtuiste:  www.sun.ac.za/ctl