Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Entrepreneurskap Boot camp vir BSc-studente
Begin: 10/09/2018, 08:00
Einde: 11/09/2018, 16:00
Kontak:Nolene Singh -
Plek: Stellenbosch University

Innovus en die LaunchLab gaan hulle jaarlikse Entrepreneurskap Boot Camp op 10 en 11 September 2018 aanbied. Die koste van hierdie Boot Camp beloop R550 per student. Die Fakulteit Natuurwetenskappe sal egter 20 studente van die Fakulteit se bywoning borg teen R500 elk. Jy sal dus slegs R50 self hoef by te dra. Sou jy belangstel om hierdie geleentheid by te woon (en dus van die Fakulteit se R500 borgskap gebruik wil maak) voltooi asseblief die aansoekvorm aanlyn. Jy moet ook voor of op 17 Augustus 'n kort motiveringsbrief oor hoekom jy die Boot Camp wil bywoon, aan Nicolene Singh stuur by nsingh@sun.ac.za. Suksesvolle ansoekers sal voor 25 Augustus 2018 per e-pos in kennis gestel word. 

Neem kennis*

Indien jy aanvaar word, maar nie die Boot Camp bywoon nie, sal jy die R500 borgskap aan die Fakulteit moet terugbetaal. 

Kontak gerus vir Nolene Singh vir enige verdere navrae.  ​