Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Kry Engels onder die knie
Begin: 31/07/2023, 09:00
Einde: 11/09/2023, 17:00
Kontak:Michelle Pieters - 021 808 2812
Plek: Our courses combine live online sessions, which are facilitated by the course presenter, with self-directed online learning.

Hierdie praktiese en interaktiewe kursus, aangebied deur die Taalsentrum se Kommunikasielab, fokus op die fynere vaardighede wat vir doeltreffende kommunikasie in geskrewe en veral gesproke Engels nodig is. As jy selfbewus is wanneer jy voor ander moet Engels praat, dan is hierdie kursus vir jou.

In hierdie kursus, sal jy:

·       tegnieke leer wat jou sal help om jou boodskap akkuraat en selfversekerd oor te dra – nie net by die werk nie, maar ook in ʼn breër sosiale konteks

·       die fynere vaardighede vir doeltreffende kommunikasie in Engels leer

·       belangrike Engelse taalbeginsels hersien en jou woordeskat uitbrei 

ʼn Sertifikaat van bevoegdheid sal na die suksesvolle voltooiing van die kursus uitgereik word.

Wie kan dit bywoon en watter loopbaanvoordele hou dit in?

Hierdie intreevlakkursus is vir jou bedoel as Engels jou tweede of derde taal is. As jy voel dat jy in jou werksplek en sosiale omgewing met meer selfvertoue in Engels wil kommunikeer, gaan jy baie baat vind by hierdie praktiese kursus.

Ons beperk die aantal deelnemers om optimale leer te verseker. Die regstreekse aanlyn sessies word deur ʼn aanlyn komponent aangevul, en sekere aspekte van die kursus word geassesseer.

Is daar enige voorvereistes?

Jy sal ʼn rekenaar en betroubare web soekenjin benodig wat ons aanlyn platforms (MS Teams en SUNOnline) kan hanteer en jy sal ʼn betroubare internetverbinding nodig hê om vir die regstreekse aanlyn sessies aan te meld. Jy sal ook elektroniese dokumente moet kan skep.

Waar en wanneer vind dit plaas?

Ons hibriede kursus kombineer regstreekse aanlyn sessies, wat deur die aanbieder gefasiliteer word, en aanlyn leer wat jy op eie stoom doen.

Hierdie kursus open voordat die eerste regstreekse aanlyn sessie plaasvind en sluit lank ná die laaste regstreekse aanlyn sessie. Dit gee jou genoeg tyd om jou SUNOnline teenwoordigheid te aktiveer voordat die eerste regstreekse aanlyn sessie plaasvind.

 

Regstreekse aanlyn sessies

(10:00 tot 12:00)

Duur van die kursus

(openings- en sluitingsdatums)

Skryf in voor

Kursus 1:

25 April, 2, 9 en 16 Mei

19 April tot 29 Mei

11 April

Kursus 2:

8, 15, 22, en 29 Augustus

31 Julie tot 11 September

21 Julie

Tydens die kursus sal jy jou tyd as volg spandeer:

·       twee ure per week op ʼn regstreekse aanlyn sessie

·       ±agt ure per week op leeswerk, of om take of vasvra-take, aktiwiteite en opdragte op eie stoom te voltooi

Wat kos die kursus?

Die kortkursusfooi is R5 346 per deelnemer, wat kursusmateriaal, assesserings, regstreekse aanlyn sessies met jou aanbieder en toegang tot die aanlyn platforms insluit.

Alle kursusfooie moet asseblief vóór die begin van die kursus betaal wees. Let ook daarop dat ons hierdie kursus net sal aanbied wanneer ʼn minimum van agt kandidate wat klaar betaal het, bywoning bevestig. ​

Stel jy belang?

Klik hier en voltooi die vorm indien jy belangstel om hierdie kursus by te woon. Ons sal jou kontak met die skakel om in te skryf.​

Enige verdere vrae?

Skakel met Michelle Pieters vir meer besonderhede by michellep@sun.ac.za of 021 808 2812. Jy kan ook jou spesifieke kortkursus- en ontwikkelingsbehoeftes met ons bespreek. Doen gerus navraag oor beskikbare kortkursusse, datums en die moontlikheid van pasgemaakte kursusse.​