Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Alumni-geleentheid
Begin: 10/12/2018, 10:30
Einde: 10/12/2018, 14:00
Kontak:Ronél Beukes - 021 808 3404
Plek: Van der Sterr

Die jaarlikse Alumni-klasdag vir alumni, graduandi en gaste van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe word vanjaar op Maandag, 10 Desember 2018 vanaf 10:30 tot 14:00 by die Van der Sterrgebou te Stellenbosch gehou.

Die hoofspreker is die bekende toekomskundige, dr Morné Mostert, direkteur van die Instituut vir Toekomsnavorsing (ITN) aan die Universiteit Stellenbosch.

Dr Mostert tree wêreldwyd as konsultant op oor toekomsgebaseerde uitvoerende besluitneming en kognitiewe ontwikkeling vir senior leiers. Hy het onder meer in Parys, Londen, Dubai, Madrid, Kuala Lumpur en verskeie Afrika-lande gewerk.

Nadat hy sy PhD-graad in die Bestuur van Tegnologie en Innovasie behaal het, het dr Mostert in onder meer toekoms-, stelsel- en strategiese denke asook kreatiewe innovasie gespesialiseer. Hy is die skrywer van die gesaghebbende boek, Systemic Leadership Learning – Leadership Development in the Era of Complexity, wat die voorgeskrewe studiemateriaal vir verskeie internasionale programme oor strategiese leierskap is. Hy is 'n lid van die internasionale arbeidsorganisasie, ILO, se paneel kundiges oor die toekoms van werk.

Die program sal soos volg verloop:

10:30 – 11:00        Aankoms en verwelkoming
11:00 – 11:50        Gaste kan enigeen van die volgende parallelle aanbiedings bywoon:

  • Prof Johann de Villiers, Dept Ondernemingsbestuur: ʼn Volhoubare Lewenstyl en Spaar vir Aftrede: Die berekening wat elke salaristrekker moet maak (Dit berus op navorsing deur prof De Villiers en me Elze-Mari Roux.) Let wel: Hierdie aanbieding sal in Afrikaans wees, met intydse tolking na Engels beskikbaar.
  • Me Marietha de Wet, Dept Bedryfsielkunde: Bullebakkery by die werk. (Bullying in the Workplace.)
  • Prof Sugnet Lubbe, Dept Statistiek en Aktuariële Wetenskap: Noodsaaklike data- wetenskapkaarte om slaggate met veiligheid te vermy (Essential Data Science Maps to Safely Navigate Potholes)
  • Me Lieschen Venter, Dept Logistiek: ʾn Onderwysersgerigte stelselperspektief van die Wes-Kaapse onderwysstelsel (A systems perspective of the Western Cape education system with a focus on teachers)
  • Mev Gretha Steenkamp, Skool vir Rekeningkunde: Kan uitvoerende direkteure aandeelterugkope gebruik om hul eie aandeelgebaseerde vergoeding te verhoog? (Are share repurchases providing executive directors with a method of increasing their own share-based remuneration?)
  • Dr Babette Rabie & me Adele Burger, Skool vir Publieke Leierskap: ʾn Assessering van die belangrikheid van openbare vervoersubsidiëring: ʾn Programontwerp teenoor ʾn begunstigde perspektief. (Assessing the value of public transport subsidisation: A programme design versus beneficiary perspective)
  • Dr Debra Shepherd, Dept Ekonomie: Sosiale identiteit en hoërskoolprestasie​

12:00 – 13:00        Programrede deur dr Morné Mostert​ oor ʼn Nuwe paradigma vir die toekoms van Afrika (A​ new paradigm for African Futures​). Daarna volg 'n kort toespraak deur die dekaan, prof Ingrid Woolard.
13:00 – 14:00        Vingerete