Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Boekbekendstelling: Seedtimes deur Omar Badsha
Begin: 31/05/2018, 16:00
Einde: 31/05/2018, 18:00
Kontak:Ricardo Brecht - 0218083691
Plek: University Museum

Die Universiteit Stellenbosch Museum en die Universiteit se Afdeling Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge bied op Donderdag 31 Mei 2018 om 18:00 'n boekbekendstelling en die opening van 'n uitstalling by die Museum aan.

Die bekroonde fotograaf dr Omar Badsha sal met prof Lize van Robbroeck van die Departement Visuele Kunste aan die Universiteit Stellenbosch oor sy nuwe boek, Seedtimes, gesels.

Hierdie gevierde kunstenaar en Suid-Afrikaanse sosiaal-dokumentêre fotograaf het ook in 2017 'n eredoktorsgraad van die Universiteit Stellenbosch ontvang, en president Cyril Ramaphosa het vroeër vanjaar die Nasionale Orde van Ikhamanga (silwer) aan hom verleen.

Dr Badsha word as een van Suid-Afrika se voorste kulturele teenapartheidsaktiviste, kunstenaars en dokumentêre fotograwe beskou. Sy werk is al plaaslik sowel as internasionaal uitgestal, en maak deel uit van belangrike openbare versamelings in Suid-Afrika en in toonaangewende galerye en instellings oorsee.

Eksemplare van Badsha se jongste boek, Seedtimes, sal by die boekbekendstelling te koop wees.

Wyn en peuselhappies word ná die tyd bedien.

Om sitplek te bespreek, kontak Ricky Brecht by 021 808 3660 of rickyb@sun.ac.za.