Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Werkswinkel in Skryfvaardighede vir Navorsingsvoorstelle
Begin: 19/06/2018, 09:00
Einde: 20/06/2018, 12:30
Kontak:Selene Delport - 021 808 2947
Plek: Writing Lab

​Die Skryflab se Werkswinkel in Akademiese Skryfvaardighede vir Studie-/Navorsingsvoorstelle bied aan nagraadse studente die geleentheid om op ʼn interaktiewe en praktiese wyse hulle akademiese skryfvaardighede op te knap en om antwoorde op hul vrae rondom akademiese skryf in die algemeen te kry. Verskeie aspekte rondom die skryf van studie-/navorsingsvoorstelle sal bespreek word, soos die doel en beplanning van die voorstel, komponente van die voorstel, styl en struktuur. Die idee is egter nie om vir deelnemers vaste 'skryfreëls' voor te hou nie, maar om eerder algemene riglyne te gee oor hoe om verskillende skryfstrategieë te gebruik om inligting, data en argumente op die mees effektiewe manier oor te dra.