Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Afrika-tromslaan-Dinsdae 2018
Begin: 12/06/2018, 13:00
Einde: 12/06/2018, 14:00
Kontak:Natasha Coltman - 0218083691
Plek: University Museum

Afrika-tromslaan-Dinsdae bied studente, personeel en gemeenskapslede in en om Stellenbosch die geleentheid om die vaardigheid van Afrika-tromslanery aan te leer. Die tromsessies word aangebied deur Vuyo Mgijima, 'n ervare Afrika-tromspeler van Kayamandi, wat sy passie vir tromslaan reeds die afgelope 15 jaar met plaaslike inwoners en internasionale toeriste deel.

Volgens Vuyo is Afrika-tromslaan hoogs ontspannend en terapeuties, terwyl dit sommer ook stres verlig en kreatiwiteit aanmoedig. Dit is nie alleen goed vir prestasieverbetering in die werksplek nie, maar is ewe goed vir spangeesbou en sosiale kohesie.

2018-PROGRAM

DatumTyd
12 Junie 201813:00˗14:00
24 Julie 201813:00˗14:00
7 Augustus 201813:00˗14:00
25 September 201813:00˗14:00
9 Oktober 201813:00˗14:00

 

Alhoewel die tromsessie oop is vir almal, is die getal tromme beperk en daarom moedig ons belangstellendes aan om 'n sitplek te bespreek. Vingerhappies sal ná elke tromsessie verskaf word.

 

Om u sitplek te bespreek, tree in verbinding met Natasha Coltman by 021 808 3691 of ncoltman@sun.ac.za.

 

Die Universiteit Stellenbosch Museum is geleë te Ryneveldstraat 52, Stellenbosch. Dit is oop van 09:00 tot 16:30 op Maandae tot Saterdae, maar is gesluit op Sondae en openbare vakansiedae. Toegang is gratis.