Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
​Dekolonisasie van die universiteitskurrikulum: Wat, waarom en hoe?
Begin: 29/05/2018, 12:45
Einde: 29/05/2018, 13:45
Kontak:Ms Nothemba Nqayi - (021) 808 3717
Plek: en Bosch, 41 Victoria Street (opposite House Skuilhoek and directly behind the Conservatoire)

Dekolonisasie van die universiteitskurrikulum: Wat, waarom en hoe?

Hiermee nooi SOL u graag na ’n etensuurpadkossessie as deel van die Auxin-projek. Die Auxin-projek het dit ten doel om groeigeleenthede vir US-dosente te skep.

Naam van Aanbieder: Prof. Lesley Le Grange

Die dekolonisasie van onderwys is nie 'n nuwe gesprek nie en ook nie net 'n Suid-Afrikaanse een nie. As gevolg van die studenteproteste van 2015 en 2016 het ons egter 'n hernude belangstelling in dekolonisasie met betrekking tot hoër onderwys beleef. Bewys hiervan is die toename in literatuur oor die onderwerp, konferensies met dekolonisasie as tema, spesiale uitgawes van vaktydskrifte oor die onderwerp, ensovoorts. Ons kan hieruit aflei dat die dekolonisasie van die universiteitskurrikulum 'n hoogs debatteerbare en betwiste terrein in Suid-Afrikaanse hoër onderwys geword het. Dit het beide evangeliste en skeptici na vore laat tree. In my voorlegging hoop ek om duidelikheid oor die onderwerp / debat te gee. Ek sal spesifiek die volgende punte aanraak: waarom die behoefte aan dekolonisasie; wat word met dekolonisasie bedoel, en moontlikhede vir die dekolonisasie van die universiteitskurrikulum.

Datum van Aanbieding: 29 Mei 2018
Tyd: 12:45 – 13:45
Plek: Den Bosch, Victoriastraat 41 (oorkant Huis Skuilhoek, direk agter die Konservatorium)
Kontakpersoon
: Me. Nothemba Nqayi, E-pos: nothemban@sun.ac.zaTelefoon 021 808 3717 

Na afloop van die sessie sal die potgooi beskikbaar wees op die SOL webtuiste:  www.sun.ac.za/ctl