Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Transformatiewe leer in die kollig: leer wat ons lewensuitkyk verander
Begin: 24/04/2018, 12:45
Einde: 24/04/2018, 13:45
Kontak:Ms Nothemba Nqayi - (021) 808 3717
Plek: Den Bosch, 41 Victoria Street (opposite House Skuilhoek and directly behind the Conservatoire)

Transformatiewe leer in die kollig: leer wat ons lewensuitkyk verander

Hiermee nooi die SOL u graag na ’n etensuur-padkossessie as deel van die Auxin-projek. Die doel van die Auxin-projek is om groeigeleenthede vir US-dosente te skep.

Aanbieder: Prof. Susan van Schalkwyk

Kort Biografie: Susan van Schalkwyk is professor in gesondheidsberoepe-onderrig en direkteur van die Sentrum vir Gesondheidsberoepe-onderrig by die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

Sleutelwoorde: Transformatiewe leer-teorie; kurrikulumvernuwing

“Transformatiewe leer” as 'n teoretiese konstruk is deur Jack Mezirow aan hoër- en volwassene-onderwys bekendgestel. Mezirow beskryf transformatiewe leer as “learning that transforms problematic frames of reference—sets of fixed assumptions and expectations (habits of mind, meaning, perspectives, mindsets)—to make them more inclusive, discriminating, open, reflective, and emotionally able to change” (Mezirow 2003: 58). Baie geleerdes het daarop aanspraak gemaak om sulke leer vir hul studente te fasiliteer, maar daar is ook kritiek ingedien teen die manier waarop die teorie onkrities in die teoriediskoers geassimileer is (Taylor en Cranton, 2013). Ons het dus 'n omvangsbepaling gedoen met die doel om ʼn kritiese ontleding te bied van hoe transformatiewe leer in die literatuur voorgestel is, hoe dit gefasiliteer en geassesseer is en of intervensies geëvalueer is.

In die AUXINsessie deel ek insigte van die studie en ondersoek moontlike implikasies vir kurrikulumvernuwing by die US. Alhoewel die studie op literatuur in die gesondheidsberoepe gefokus het, behoort dit ook relevant vir hoër onderwys in die algemeen te wees, veral wanneer ons besin oor die maniere waarop ons gegradueerdes leiers en voorstanders van verandering in ons samelewing kan word.


Na afloop van die sessie sal die potgooi beskikbaar wees op SOL se Webtuiste:  www.sun.ac.za/ctl