Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Ope uitnodiging aan kunstenaars: "Vorentoe? Vorentoe! Vorentoe..."
Begin: 26/03/2018, 00:00
Einde: 15/07/2018, 00:00
Kontak:Bongami Mgijima - 021-808 3695
Plek: SU Museum, 52 Ryneveld Street, Stellenbosch

Die uitstalling poog om 'n versameling van 100 kunswerke bymekaar te bring, wat die toekoms van die Universiteit Stellenbosch en hoër onderwys in Afrika uitbeeld. 'n Uitnodiging word gemaak aan kunstenaars om voorstelle in te dien vir kunswerke wat die volgende 100 jaar (2018 - 2118) se hoër onderwys voorstel. Dit is 'n uitstalling oor die toekoms. 
Aangrypende, innoverende en gedagteproduserende werke wat as katalisators vir debat en betrokkenheid kan dien, word verwelkom. Die uitstalling sal deel vorm van die US se Eeufees en vind op  5 Desember 2018 plaas.
Forward Open Call.jpg


Voornemende deelnemers word aangemoedig om hul voorstelle in te dien sodat dit deur 'n keuringspaneel oorweeg kan word. Alle geselekteerde werke sal tydens die uitstalling by die Museum vertoon word.

 Alle kreatiewe vorme van uitdrukkings soos visuele kunswerke, video, installasie, 3D, uitvoering, intervensies, musiek, poësie en meer is welkom.
Voorstel wat ingedien word, moet bestaan uit 'n kort biografie van die kunstenaar, kort beskrywing van voorgestelde kunswerke; is dit bestaande kunswerk of moet dit nog geskep word en die afleweringskoste na en vanaf die US.
Die museum sal die lewering van werke en installasie finansier. Daar sal nie befondsing vir materiaal wees nie.

Voorleggings is nou oop en sluit op 16 Julie 2018

Sperdatum vir aflewering van die geselekteerde kunswerk is 28 September 2018​
​​