Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Dienste van die Sentrum vir Studentevoorligting en –ontwikkeling
Begin: 27/03/2018, 12:45
Einde: 27/03/2018, 13:45
Kontak:Ms Nothemba Nyayi - 021 808 3717
Plek: Den Bosch, 41 Victoria Street (opposite House Skuilhoek and directly behind the Conservatoire)

Een van die knelpunte wat toenemend onder die aandag van die Sentrum vir Studentevoorligting en –ontwikkeling kom, is die gebrek aan begrip (onder dosente) van die rol van die Sentrum in terme van sielkundige en ontwikkelingsondersteuning aan die Gemeenskap van US.

Hierdie aanbieding bied 'n oorsig van die kernfunksies van die vyf eenhede by die Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling. Die eenhede deel 'n gesamentlike doel om studentesukses te bevorder. Binne hierdie konteks speel elke eenheid 'n unieke rol. Die Eenheid vir Graduandi-loopbaandienste se rol is egter breër aangesien hul spesifiek fokus op die aanpassing tot die wêreld van werk. Die Eenheid vir Gelykwaardigheid fokus op beide studente en personeel. Die Sentrum bied 'n holistiese, kliëntgesentreerde diens wat poog om welwees te bevorder. Dit is belangrik dat akademiese- en ondersteuningspersoneel die verwysingskanale verstaan asook die rol wat hul kan speel in die identifisering van stressors wat studente ervaar asook die impak hiervan.