Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
'n Nasionale kollokwium oor nagraadse kwessies
Begin: 12/07/2018, 08:00
Einde: 13/07/2018, 17:00
Kontak:Alison Bucholz - 021 8084186
Plek: Dutch Embassy, Pretoria

Die Universiteit Stellenbosch se Nagraadse Kantoor kondig hiermee graag ʼn kollokwium aan gemik op akademici, navorsingsondersteuningspersoneel en nagraadse studente. Die doel van die kollokwium is om hierdie groep die geleentheid te bied om aan betekenisvolle gesprekke deel te neem aangaande die breë nagraadse omgewing. Dit sal vanaf 12 – 13 Julie 2018 in Pretoria plaasvind.

Die Enhancing Postgraduate Environments (EPE) projek is ʼn internasionale inisiatief wat befonds word deur die Erasmus + program. Die vennote is die Universiteit Stellenbosch, Universiteit van die Wes-Kaap, Rhodes Universiteit, Universiteit van Fort Hare, Universiteit van Zululand, Universiteit van KwaZulu-Natal, Vrije Universiteit Amsterdam, Internasionale Instituut vir Sosiale Studies Erasmus, Afrikastudies Sentrum Leiden, Ruhr-Universität Bochum, Universiteit van Edinburgh en Boğaziçi Universiteit in Istanbul. Hierdie vennote het saamgewerk en hulle kennis gedeel om ʼn wye reeks intervensies te ontwikkel wat die breë nagraadse omgewing kan ondersteun.

Die projek se hoof vorm van ondersteuning is via ʼn oop toegang webwerf (http://postgradenvironments.com/) wat ʼn reeks van Suid-Afrikaanse gekontekstualiseerde interaktiewe navorsingsverwante hulpbronne huisves, asook materiaal wat ontwikkel is deur EPE vennoot universiteite, gelisensieer onder Creative Commons. US akademici, ondersteuningspersoneel en studente word aangemoedig om hierdie webwerf te besoek om bruikbare navorsingsverwante inligting te vind, asook om ondersteuningshulpbronne af te laai.

Die projek loop uit op ʼn nasionale kollokwium gedurende Julie 2018. Vind die kollokwium program hier. Vir meer inligting oor die kollokwium en hoe om te registreer, kontak asseblief vir rsvp@postgradenvironments.com. ​