Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
ELSABÉ DANEEL GEVORDERDE KOMMUNIKASIE-WERKSWINKEL
Begin: 23/08/2018, 13:00
Einde: 24/08/2018, 17:00
Kontak:Miss Nothemba Nqayi - (021) 808 3717
Plek: Den Bosch, 39 Victoria Street (opposite House Skuilhoek and directly behind the Conservatoire)

ELSABÉ DANEEL GEVORDERDE KOMMUNIKASIE-WERKSWINKEL

Elsabé Daneel is 'n bekende TV-aanbieder, TV- en fliekakteur en het al verskeie teaterproduksies vervaardig en ook as aktrise daarin opgetree.  Sy is 'n vervaardiger, aanbieder en regisseur van korporatiewe videos asook dokumentêre programme vir kykNET en M-Net.

As kommunikasie- en mediastrateeg, bied sy ook 'n kommunikasie werkswinkel, genaamd Communication IQ, aan.  Hierdie werkswinkels oor kommunikasie- en aanbiedingsvaardighede is vol pret en gemik op korporatiewe kliente, TV- en radio-aanbieders, akteurs, publieke sprekers, opvoeders, studente, akademiese personeel, ens.

Elsabé sal gedurende Augustus 2018 twee kommunikasie-werkswinkels vir akademici by Universiteit Stellenbosch aanbied.  Die beginners-werkswinkel sal op 24 Augustus aangebied word en die gevorderde werkswinkel op 25 Augustus. (Slegs deelnemers wat voorheen die beginners-werkswinkel voltooi het, kan vir die gevorderde werkswinkel inskryf.)

Die volgende onderwerpe word tydens die werkswinkels bespreek:

•             raak vertroud met kommunikasieterme

•             ontdek die ABC van die kommunikasieproses

•             evalueer jou sterk en swakker punte as kommunikeerder

•             kommunikasiemodelle wat vir jou kan werk

•             ondersoek die tegniese aspekte wat die                          kommunikasieproses beinvloed

•             herken die rol van persoonlike styl

•             maak die beste van lyftaal

•             eksperimenteer met jou stemvermoë

•             ontspanningstegnieke wat werk

•             jou unieke verbale boodskap

•             bou verhoudings

•             die opneem van video's en podgooie vir gebruik in jou               module.

Wanneer:

Beginners-werkswinkel:  23 Augustus 2018 vanaf 13:00 tot 17:00

Gevorderde-werkswinkel:  24 Augustus 2018 vanaf 13:00 tot 17:00

Waar:

Den Bosch, 39 Victoria Straat (oorkant Skuilhoek en skuins agter die Konservatorium)

Daar is slegs 10 plekke beskikbaar per werkswinkel.

Kontak asseblief vir Nothemba Nqayi by nothemban@sun.ac.za of 021 808 3717 om jou plek te bespreek.