Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Maties in New York: Skemerkelkie met prof Wim de Villiers
Begin: 14/03/2018, 18:00
Einde: 14/03/2018, 21:00
Kontak:Reanne Olivier - +1 516 619 6022
Plek: Arlo Nomad
Die Universiteit Stellenbosch se Afdeling Alumni-betrekkinge nooi US-gebaseerde Maties en vriende in New York-stad en die omliggende gebiede om ’n tikkie nostalgie te beleef en daardie kenmerkend Suid-Afrikaanse gees te kom deel.

Die Rektor en Visekanselier van die US, prof Wim de Villiers, is die gasspreker by hierdie eeufees-skemeronthaal. Dit sal die ideale geleentheid wees om met prof De Villiers te gesels en met mede-Maties te netwerk.

RSVP is noodsaaklik vanweë beperkte kapasiteit by die onthaallokaal, so bespreek asseblief u plek teen 9 Maart. Onthou om spesiale dieetvoorkeure aan te dui.

Ons Matie-familie is oor die hele wêreld versprei en ons wil graag met soveel van u as moontlik kontak maak. U kan gerus hierdie uitnodiging na mede-alumni, kollegas en vriende aanstuur wat ook Maties is en hulle aanmoedig om hul jongste kontakbesonderhede na alumni@sun.ac.za te stuur.