Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Tuiskoms Gespreksreeks
Begin: 06/03/2018, 10:30
Einde: 09/03/2018, 12:00
Kontak:Marvin Koopman - 021 808 9265
Plek: Bloekomhoek
Die Frederik Van Zyl Slabbert Instituut vir Studenteleierskapsontwikkeling (FVZS) in samewerking met die Woordfees en die Alumni-kantoor, bied vandeesweek kritiese besprekings aan wat wissel van Suid-Afrika se veranderende politieke landskap tot genadedood. Toegang is gratis.

6 Maart
30 jaar na die stormagtige 80's: déjà vu
Tyd: 10:30
Plek: Bloekomhoek
Ons politieke en ekonomiese krisis is soortgelyk aan dié wat Suid-Afrika in die laaste helfte van die 80’s ervaar het. ’n Rasse-oorlog is gevrees. Wat is die tien eenvoudige, maar moedige stappe wat ons vandag moet neem om ’n ommekeer te bewerkstellig? Wat is die rol van instellings en ander partye buite die partypolitieke arena? En van gewone mense soos ek en jy?
Met: Francois Groepe (adj.pres. SA Reserwebank), Judith February en Max du Preez (politieke kommentators)

7 Maart
Genadedood en die reg om self te besluit
Tyd: 10:30
Plek: Bloekomhoek
Dat die dood almal se reisgenoot is, is gewis. Maar al meer stemme word gehoor van mense wat nie bloot wil wag op die einde nie, maar dit eerder aktief wil ontmoet. Kom luister na die etiese aspekte rakende genadedood, soos gesien deur verskillende geloofsgroepe en kenners.
Met: Drs Heinz Mödler en Chris Jones (US Teologie) en prof. Anton van Niekerk (US Filosofie).


8 Maart 
Quo Vadis? Vir Suid-Afrikaanse 'wittes'
Tyd: 10:30
Plek: Bloekomhoek
‘Die wittes raak op!’ skree ’n koerantopskrif in 2017. Maar wat is die jongste demografiese tendense in die land? Hoe gaan die lewe wees vir die land se blankes, ’n kwynende minderheid wat eens invloedryk was, maar tans nie juis saak maak nie? En wat gaan word van die Afrikaanse taal en kultuur as daar nie meer mense is wat die Afrikaanse ruimtes bevolk nie?
Met: Prof Flip Smit (demograaf en oud-rektor van UP), Flip Buys (Solidariteit) en dr. Leslie van Rooi (US)

9 Maart
Is dit 'n tydbomb wat so tik?
Tyd: 10:30
Plek: Bloekomhoek
Is die wêreld weer besig om, soos voor die Tweede Wêreldoorlog, ’n onveilige plek te word? Kenners reken die kanse op internasionale oorlog word toenemend groter. Wat kan die vonk by die kruitvat wees? En hoe moet Suid-Afrika hom in hierdie arena posisioneer?
Met: Gert Grobler (voormalige ambassadeur) en Leon Schreiber (politieke wetenskaplike)