Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Maties Tuiskoms Eeufeeskonsert
Begin: 02/03/2018, 18:00
Einde: 02/03/2018, 23:00
Kontak:Marvin Koopman - 021 808 9265
Plek: Coetzenburg
Ons Maties Tuiskoms Eeufeesvieringe skop af met ’n heerlike makietie van vroeg tot laat, propvol musiek, alumni en heerlike verrassings. Kom deel in die swier en joligheid op 2 Maart by Coetzenburg-stadion. 

18:00-20:00 : Die US Jazz Band onder die knap leiding van Felicia Lesch begelei Gloria Bosman en Tim Moloi met ‘big band’ treffers, van Mack the Knife tot Meadowlands. Die Soetstemme van Solms-Delta vermaak met hulle aansteeklike energie, trots Stellenbosch sang duo. TWEE sing hulle treffers, en die Dennegeur Marimba-orkes hou die feesgees hoog.

20:00 – 22:00: Die Eeufees-orkes, met alumni-lede van die Universiteit Stellenbosch, o.l.v. maestros Graham Scott en Marvin Kernelle, laat waai met meesterlike komposisies van Leonard
Bernstein en Dimitri Sjostakowitsj. Dié orkes begelei legendes Laurika Rauch, Coenie de Villiers en Valiant Swart. Die veelbekroonde Minette du Toit-Pearce sing saam met haar
belowende studente, die internasionaal bekroonde US-koor tree saam met alumnus Arno Carstens op, met vele melodieuse hoogtepunte deur Heavenly Quartez, Brandon October
en 30 jong violiste van die Ronnie Samaai Music Education Project.

22:00 – 23:00: J’Something en sy ‘família’ MiCasa sluit die aand op hulle eiesoortige SuidAfrikaanse manier af.