Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Genetiese manipulering van menslike embrio’s
Begin: 07/03/2018, 18:30
Einde: 07/03/2018, 19:30
Kontak:Wiida Fourie-Basson - 021 808 2684
Plek: Die Plataan Kafee, Sasol Kunsmuseum

​Nuwe genetiese tegnologieë stel ons nie net in staat om beter lewensvorme te skep nie, maar ook om menslike evolusie op embrionale vlak te manipuleer. Bied hierdie ongelooflike vooruitgang in die mediese wetenskappe nuwe hoop, of is ons besig om met die spreekwoordelike vuur te speel? Dave Pepler gesels met genetikus, Prof Louise Warnich, en die bioëtiekkenner, Prof Anton van Niekerk, oor dié kontroversiële onderwerp.

Science Café Stellenbosch is 'n inisiatief van die US se Fakulteit Natuurwetenskappe om openbare gesprekke oor wetenskaplike kwessies aan te moedig en dit in 'n taal wat almal kan verstaan. Volg ons op Facebook of stuur 'n epos aan sciencecafe@sun.ac.za