Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
As voëls kon praat (en ek kon sing)
Begin: 15/02/2018, 18:45
Einde: 15/02/2018, 20:00
Kontak: -
Plek: A201, Jan Smuts Building

​Die Fakulteit Natuurwetenskappe en die Natuurwetenskappe Studentekomitee nooi jou hartlik uit na 'n openbare lesing deur Prof Christan Van den Broeck met die titel "As voëls kon praat (en ek kon sing) – masjienleer toegepas op Suid-Afrikaanse voëlgesang en die implikasies daarvan vir (menslike en kunsmatige) intelligensie".

Opsomming

Wat is kunsmatige neurale networke? Waar kom dit vandaan? Wat ís dit, en wat dóén dit? Prof Christian Van den Broeck, 'n teoretiese fisikus van Hasselt Universiteit in België, stel 'n operasionele konvolusie  netwerk bekend wat 170 verskillende voëlgesange kan onderskei – almal voëls van Suid-Afrika. Hy vertel hoe hulle dit reggekry het om die struikelblok van 'n klein en raserige datastel (wat uit die openbare Xeno-Canto databasis onttrek is) te oorkom, en hoe dit 'n kernbestanddeel van kognisie blootgelê het. Laastens werp die praatjie lig op die aard van intelligensie en die geleenthede en uitdagings wat deur kunsmatige intelligensie daargestel word.

Hierdie praatjie is geskik vir die algemene publiek

Oor die spreker

Prof Van den Broeck beklee 'n navorsingsleerstoel in teoretiese fisika aan die Hasselt Universiteit in België, en is 'n deeltydse professor by die Vrije Universiteit Brussel. Hy is tans in Suid-Afrika as besoekende genoot by die Stellenbosse Instituut vir Gevorderde Navorsing (STIAS).