Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Stel u belang in geregtigheid, opvoeding, die gevangenis en pedagogie?
Begin: 20/02/2018, 13:00
Einde: 20/02/2018, 14:00
Kontak:Dr Mary Nel -
Plek: Ou Hoofgebou, kamer 1023

Die Universiteit Stellenbosch oorweeg om 'n program te begin wat daarop gemik is om opvoedkundige geleenthede vir mense agter tralies te bied, soos wat reeds in lande soos die Verenigde Koningkryk en VSA gebeur.  Dit beoog om die geleentheid te bied vir Stellenbosch studente en studente in die gevangenis om saam te leer aan tersiëre onderwys-standaard kursusse.

Die byeenkoms sal bygewoon word deur Prof Baz Dreisinger, wat ons sal vertel hoe sy 'n soortgelyke program, die Prison-to-College Pipeline by New York se John Jay College of Criminal Justice, op die been gebring het.

Ongeag u akademiese rigting, indien u 'n dosent of student is wat wil betrokke raak, of meer wil weet oor hierdie inisiatief, woon gerus ons byeenkoms by:

Datum:     Dinsdag 20 Februarie 2018

Tyd:          13h00

Lokaal:     Ou Hoogebou 1023

Indien u die byeenkoms nie kan bywoon nie, maar meer wil weet, kontak Dr Mary Nel by mnel@sun.ac.za.

Sien ook hierdie skakels vir meer inligting:

http://www.pbs.org/newshour/bb/can-higher-ed-keep-inmates-returning-prison-release/

http://www.unodc.org/documents/justice-and-prison-reform/17-05452_ebook.pdf