Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Werksoekvaardighedewerksessie
Begin: 15/02/2018, 13:00
Einde: 15/02/2018, 14:00
Kontak:Delisha Van Neel - 021 808 3568
Plek: 43 Victoria Street, Career Services

​Is jy op soek na werk/indiensneming maar weet nie waar om te begin of wat om te verwag nie? Woon gerus een van ons werksessies oor werksoekvaardighede by vir antwoorde op hierdie vrae.

Die Eenheid vir Graduandi-loopbaandienste bied die volgende sessies aan om studente te help om hulself beter voor te berei vir toetrede tot die wêreld van werk:

  • Werksoekvaardigheid
  • CV skryf
  • Dekbrief skryf
  • Onderhoudsvaardighede
  • Persoonlike handelsmerk

Hierdie sessies word aangebied in groter groepe van 15, kleiner groepe van 5 vir beter interaksie en indien die behoefte ontstaan, individuele sessies.

Ten einde ʼn meer direkte en geïndividualiseerde benadering in beide die kleiner en individuele sessies te verseker, word studente aangemoedig om hul konsep-CV ten minste 1 dag voor die tyd te e-pos sodat die fasiliteerder die sessie kan aanpas vir die persoonlike behoeftes van die bywoner(s).

E-pos asb jou konsep-CV aan Thobeka Msi by stm@sun.ac.za.

Kursuskoste en betalingsprosedure

Alhoewel daar geen koste verbonde is aan hierdie werksessies nie, is dit uiters belangrik dat studente moet registreer vir die werksessie(s). Registreer op MatiesCareers, ons loopbaan en werksgeleenthede platform deur te kliek op https://stellenbosch-csm.symplicity.com/. Jy benodig net jou US aantekenbesonderhede.

Registrasie vir die werksessies open op Maandag 5 Februarie 2018.

Kontak gerus vir Delisha van Neel by 021 808 3568 indien jy meer inligting oor die sessies benodig.