Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Die onderwys wemel van geleenthede vir BSc-graduandi
Outeur: Laura van Laeren (Faculty of Science: Media and Communication)
Gepubliseer: 29/06/2022

​“Ek gee onderrig en probeer om jongmense te inspireer om 'n loopbbaan in die natuurwetenskappe te volg. Jyself begryp eers 'n konsep ten volle wanneer jy iets aan iemand op die eenvoudigste manier moontlik, kan verduidelik!" – Zandri le Grange, BSc in Molekulêre Biologie en Biotegnologie (2012); Nagraadse Onderwyssertifikaat (2013, en lid van die Studenteraad

Zandri le Grange het in 2012 'n BSc-graad in Molekulêre Biologie en Biotegnologie aan die Universiteit Stellenbosch (US) verwerf. Daarna het sy in 2012 'n Nagraadse Onderwyssertifikaat ook aan die US verwerf.  Zandri is tans 'n onderwyser in Lewenswetenskappe en Wiskunde by die Hoërskool Duineveld in Upington.

“Ek gee onderrig en probeer om jongmense te inspireer om 'n loopbbaan in die natuurwetenskappe te volg. Jyself begryp eers 'n konsep ten volle wanneer jy iets aan iemand op die eenvoudigste manier moontlik, kan verduidelik!" sê Zandri.

“Benewens die administratiewe en buitemuurse aktiwiteite wat met onderwys gepaardgaan, is my hoofdoel om interessante maniere te vind om natuurwetenskappe te onderrig. Ek is lief vir praktiese wetenskap en om 'n onderwerp te verduidelik deur die leerders by hulle leerproses te betrek. Soms werk ek alleen en soms in 'n span, afhangend van die onderwerp wat ek onderrig. Ek probeer ook om verskillende vakke by natuurwetenskappe in te sluit, maar die Suid-Afrikaanse kurrikulum maak dit moeiliker as wat dit in sommige ander lande is."

Voordat Zandri by Hoërskool Duineveld aangesluit het, het sy ondervinding opgedoen in die onderrig van 'n verskeidenheid vakke, insluitend 'n vak: Kreatiewe Ontwerp en Innovasie wat sy in Abu Dhabi gegee het en waar sy gevind het dat haar Biotegnologie-agtergrond haar 'n voorsprong gegee het. “Ek dink nie almal begryp die geleenthede wat daar in die onderwys is ten volle nie: daar is maatskappye wat op soek is na onderwysers met 'n BSc-graad."

Zandri het gevind dat die diepgaande kennis wat sy gedurende haar BSc-studie opgedoen het, haar help om haar leerders 'n beter begrip van wetenskap te kan gee. Om Wiskunde en Fisika bykomend tot haar Biotegnologie-vakke te neem, beteken dat sy veelsydige is wanneer dit by onderrig kom. Sy was ook betrokke by studenteleierskap wat vir haar betekenisvol was.

“Gedurende my tyd op Stellenbosch was ek 'n lid van die studenteraad en het ek ook gedien in die Akademiese Bestuursraad, wat my die geleentheid gebied het om noodsaaklike lewenslesse te leer. Ek het ook baie mense ontmoet wat 'n invloed op my beroepskeuse gehad het," voeg sy by. “Dit is belangrik dat jy gedurende jou studies so veel as moontlik kennis oor die natuurwetenskappe opdoen. En jy moet ook onthou dat wetenskap nooit alleen staan nie, maar dat dit is nou verweef is met soveel ander lewensterreine. Verkén dit en jou leerders sal vir ewig geïnteresseerd wees!"

Hierdie BSc-alumnus profiel is deel van die Fakulteit Natuurwetenskappe se #100LoopbaneinNatuurwetenskappe. E-pos ons gerus by science@sun.ac.za indien jy die verloop van jou loopbaan met huidige BSc-studente wil deel.
Foto: Zandri le Grange. Foto verskaf