Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
DACES vereer eko-kampvegter Dharshana Moodliar
Outeur: FMHS Marketing & Communications / FGGW Bemarking & Kommunikasie – Florence de Vries
Gepubliseer: 21/09/2021

​Die Dekaan se Advieskomitee vir Volhoubaarheid (DACES) beskryf die vyfde-jaar mediese student Dharshana Moodliar as ʼn eko-kampvegter en prys haar vir haar aktiewe betrokkenheid by gemeenskapsdiens en volhoubaarheidsprojekte by die Tygerberg-kampus, tuiste van die Universiteit Stellenbosch (US) se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW). 

Moodliar is deel van ʼn groeiende groep eko-kampvegters wat bestaan uit FGGW-personeellede en –studente. Sy het by DACES betrokke geraak as ʼn studentverteenwoordiger en het die komitee gehelp om omgewingsrentmeesterskap in te sluit as ʼn gegradueerde eienskap by die FGGW se MBChB-program. In die nuwe MBChB-kurrikulum is omgewingsrentmeesterskap ʼn gegradueerde eienskap onder die banier van leierskap. 

Moodliar sê haar betrokkenheid by 'groen-inisiatiewe' op die Tygerberg-kampus oor die jare het haar gehelp om verskeie van die FGGW se gegradueerde eienskappe te ontwikkel. “Ek was nog altyd toegewyd aan volhoubaarheid en omgewingsbevaring. Nadat ek my studies by die US begin het, het ek die balans tussen die aarde en die belangrikheid van volhoubare praktyke in ʼn nuwe lig begin sien. Toe ons oor die sosiale determinante van gesondheid in Gesondheid in Konteks geleer het, het ek besef dat die siekte las van infeksiesiektes grootliks verminder kan word as ons die omgewings waarin ons lewe kon wysig." 

Sy sê dat sedert sy met universiteit begin het sy met erns aan volhoubare inisiatiewe begin deelneem het. “Ek is ʼn inwoner by Meerhof-koshuis en in my eerste jaar was ek ʼn lid van die groenkomitee daar. Deur die aktiwiteite waaraan ons deelgeneem het – van strande skoonmaak, tuinmaak in kratte tot die skep van infografika oor volhoubare praktyke – was ek verstom deur die verskil wat hierdie komitee kon maak binne die koshuisomgewing. Ek is uiteindelik gekies tot Huiskomiteelid vir hierdie portefeulje en het die afgelope twee jaar die volhoubaarheidsportefeulje van die Tygerberg Studenteraad (TSR) bestuur. 

Moodliar se status as eko-kampvegter getuig van haar entoesiasme en prominente betrokkenheid in verskeie omgewing-bewusmakingsveldtogte by die FGGW se Tygerberg-kampus, insluitende Aarde Week, die Veilige Weggooi van Maskers en Eko-blokinisiatiewe.

​Sy sê dit was bemoedigend om op hierdie manier betrokke te wees aangesien dit haar toegelaat het om alternatiewe metodes vir ʼn volhoubare leefstyl na te vors en te implementeer wat afval in haar eie lewe asook in die FGGW studente gemeenskap verminder het. “In my tyd by die FGGW was daar verskeie hoogtepunte. In my tweede jaar was ek dol oor die samewerking wat DACES met Guerilla House gereël het om ons te help om ʼn groentetuin op kampus te begin. Ek het dit veral geniet om te leer hoe om na wurm-plase om te sien saam met die DACES-bestuurder Christine Groenewald." 

Sy gee te kenne dat dit ʼn uitdaging was om medestudente te betrek. “Oor tyd het meer mense begin inkoop en die nommers groei aanhoudend, maar die aantal studente en vriende wat aktief herwin of volhoubare praktyke deel van hulle daaglikse lewe maak, is redelik laag. Een van die hoof redes is dat dit effens meer moeite is om volhoubaar te wees," sê sy. 

Moodliar was deel van die span wat die Groentrofee vir Meerhof-koshuis in 2018 gewen het en sy het ook al verskeie volhoubaarheidsaktiwiteit vir eerstejaar studente gereël. “Meer onlangs was die opening van die buitelug-gimnasium en die stampvol sessies tydens Aarde Week vanjaar baie opwindend. Ek het baie geleer by die fenomenale individue by die fakulteit, asook ekstern mense saam met wie ek gewerk het. Ek is werklik dankbaar vir die respek wat vir studente getoon word en om saam met sulke kundige individue te kan saamwerk oor volhoubaarheidskwessies."

​Professor Bob Mash, voorsitter van die DACES sê die skakel tussen openbare en planetêre gesondheid duidelik is. “Ons moedig geneeskunde en gesondheidswetenskappe studente aan om die skakels tussen die determinante van gesondheid in die omgewing op ʼn planetêre skaal te verstaan, soos hoe klimaatsverandering in plaaslike gemeenskappe en uiteindelik ook in individuele pasiënte kan manifesteer."