Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Intersektorale vennootskappe is noodsaaklik vir sosiale impak op die lange duur
Outeur: Corporate Communication and Marketing Division/Afdeling Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking - Sandra Mulder
Gepubliseer: 20/09/2021

In ooreenstemming met die wêreldwye vereiste vir hoëronderwysinstellings (HOI's) om hul gemeenskapsdeelname deur vennootskappe te maksimaliseer en deur die viervoudige heliks te benut wat die regering, nywerhede, sakewêreld en burgerlike samelewing insluit, het die Universiteit Stellenbosch (US) onlangs sy jaarlikse Sosiale Impak-simposium aangebied. Die simposium se onderwerp was Reviewing 'Engaged' partnerships for Social Impact: Catalysing cross-sector partnerships for long-term social impact.

Volgens me Ernestine Meyer-Adams, Direkteur by die Afdeling Sosiale Impak, is dit gedoen as deel van die US se verbintenis om ooreenstemmig die US strategiese doelwit van doelgerigte vennootskappe en inklusiewe netwerke, soos vervat in sy Visie 2040, te handel.

Afgesien van 'n groot aantal senior US-personeellede, akademici en studente wat die simposium bygewoon het, is die geleentheid ook goed ondersteun deur verskeie eksterne professionele organisasies in die sektor, naamlik die Suid-Afrikaanse Hoëronderwysgemeenskapskakelforum (SAHECEF) wat deur verskeie HOI's soos die Universiteit van Wes-Kaapland, Universiteit van Venda (Univen), Rhodes-universiteit (RU), Sentrale Universiteit van Tegnologie (CUT), Universiteit van die Vrystaat (UFS), Nelson Mandela-universiteit (NMU), om maar 'n paar te noem. 

Meyer-Adams het dit gestel dat die 2021-simposium die US in staat gestel het om die deelnemende samewerkingsverhoudings saam met wie hulle die pad eties en outentiek na volhoubaarheid stap deur die bou van onderlinge voordelige verhoudings, te ontleed en te vier. Die Sosiale Impak-vennote van die US wat uitgenooi is om aanbiedings te doen, is deur vennootskapinisiatiewe geïdentifiseer wat op die Sosiale Impak-kennisplatform geregistreer is.

Die Fakulteite Opvoedkunde, Krygskunde, Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, Regsgeleerdheid en Teologie het hul inisiatiewe ten toon gestel deur gesamentlike aanbiedings met hul eksterne vennote. Hierdie inisiatiewe het getoon hoe verskillende fakulteite saamwerk sonder om enige beleidsgrense te verbreek, het Meyer-Adams gesê.

Dr Leslie van Rooi, Senior Direkteur: Sosiale Impak en Transformasie by die US, het gesê die simposium het aan die Universiteit 'n platform gebied om sy strategie en die pad vorentoe as 'n deelnemende universiteit te hersien en te herdink. “Ons moet voortdurend en deurlopend oor die samelewing deur onderrig, leer en navorsing, asook vennootskappe nadink om op die lange duur 'n positiewe invloed op die samelewing te hê. Die simposium het ons in staat gestel om weer oor ons strategie vir sosiale impak te dink, dit te hersien en weer vir onsself voor te stel," het Van Rooi gesê. 

Dr Cornel Hart was die geleentheidspreker oor die onderwerp, Cross-sectoral engaged partnerships: Transformative Power of Higher Education to Deliver Effective Societal Impact. Hart, 'n bekende akademikus in die sektor, het verduidelik hoe en waarom gemeenskapsdeelname, vennootskappe en deelnemende vakkundigheid 'n verantwoordelikheid van HOI's geword het.

Danksy haar uitgebreide ervaring in navorsingsmetodologie en die assessering van gemeenskapsontwikkeling, het Hart 'n nuwe uitdaging vir instellings raakgesien: om die omvang van hul impak op die samelewing en die voetspoor wat hulle laat, te meet en te evalueer.

Sy het as deel van haar aanbieding 'n Sosiale Impak (SI)-tipologie gedeel wat 'n raamwerk bied om sosiale-impakprojekte op 'n professionele en goedgeorganiseerde manier te beplan en terselfdertyd ook hierdie projekte te meet en te evalueer. Sy het projekbeplanners aangemoedig om die tipologie te gebruik wanneer hulle hul projekte ontwerp sodat die projek vennootskappe oor verskeie sektore regoor die hele instelling sal bevorder terwyl dit ook die Nasionale Ontwikkelingsplan en ander streeks- en internasionale ontwikkelingsdoelwitte aanspreek.

Die hoogtepunt van die simposium was die tweevoudige aanbiedings deur US-akademici en hul eksterne vennote in die samelewing met wie hulle hul gesamentlike sosiale-impakinisiatiewe deel en die positiewe invloed wat hul inisiatiewe op gemeenskappe gehad het.

“Deur op hierdie stewige grondslag voort te bou, lyk die toekoms belowend om gemeenskappe se posisie deur vaste, etiese en volhoubare vennootskappe tussen die Universiteit en gemeenskapvennote te verander," het Meyer-Adams gesê.

Die tweevoudige aanbiedings het die volgende ingesluit:

Fakulteit Krygskunde en die maatskappy, Stable Seas – Die Stable Seas-indeks: Exploring maritime security data sets to benefit fishing communities in the Western Cape

Fakulteit Opvoedkunde en Paternoster NPC – Reflections on trust and mutual respect in the educational objectives in a Public-Private Partnership

Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe en die Fakulteit Regsgeleerdheid saam met hul gemeenskaplike vennoot, die Departement van Korrektiewe Dienste – Prison University Education through the Ubuntu Learning Community and Ex-Cell Workshop

Fakulteit Teologie me Ekklesia se ekumeniese vennootskap: The key to significant social impact