Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US-navorsers herbedink behuising ná COVID-19 met ‘terugkeer na die kraal’
Outeur: Corporate Communication & Marketing / Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking
Gepubliseer: 02/03/2021

'n Terugkeer na die 'kraal' – of ten minte behuising rondom 'n sentrale binnehof of water-fokuspunt (water feature) – kan moontlik die sleutel tot suksesvolle behuising in die jare wat voorlê, wees.  ​

Dit is die mening van 'n multidissiplinêre span navorsers van regoor Afrika suid van die Sahara en spesifiek van die Universiteit Stellenbosch (US), die Universiteit van Kaapstad en die Instituut vir Volhoubaarheid wat hard besig is om oor behuising ná COVID-19 te herbesin. 

Span Mahali", soos die groep bekenstaan, het onlangs die eerste prys in die Stad Kaapstad en Suid-Afrikaanse Raad vir Groenbou (GBCSA) se My Clean Green Home ontwerpkompetisie verower.

  • Die Mahali hub is nog tot 14 Maart by die Groenpuntpark in Kaapstad te sien. Kyk hier na 'n virtuele toer. 

Die span het ook in 2019 die tweede prys – in die afdeling vir ontwerp en argitektuur – by die Solar-dekatlonkompetisie in Marokko ingepalm.  Twintig spanne van universiteite regoor die wêreld het sonkrag-aangedrewe “groen" huise ontwerp, gebou en bedryf. Die 18 huise van spanne van regoor die wêreld is nou deel van 'n stedelike lewenslab by die IRESEN Green & Smart-geboupark in Benguerir, Marokko.

Me Sharné Bloem, inisieerder en projekleier van Span Mahali en 'n navorser by die US se Sentrum vir Kompleksiteitsisteme in Oorgang, sê hul doel is dat alle nuwe behuising heeltemal 'groen' is – behuising wat baie duidelik energie-doeltreffend is met krag wat opgewek word via hernubare energie op van die  terrein is. Hierdie konsep kan ook toegepas word in water- en afvalstelsels.

Vasbeslote om die toekoms van behuising te ontsluit

“Die COVID-19-pandemie het sterk klem geplaas op die behoefte om die definisie van behuising te herdink, aangesien dit 'n uitdaging beleef omdat dit baie meer as leefruimtes is – dit word ook nou geïntegreer met die konsep van werk van die huis af. COVID-19 het ons nog meer vasbeslote gemaak om die toekoms van behuising te ontsluit.

“Ons het ook akuut bewus geword van die voordele wat daaraan verbonde is om saam met ander te woon om isolasie, depressie teë te werk en om te bespaar deur kostes met ander te deel," voeg Bloem, 'n kundige op die gebied van 'groen' argitektuur en volhoubare gemeenskappe. “Die toekom lê waarskynlik in ons vermoë om in gemeenskaplike ruimtes te floreer wat rondom die produksie van jou eie voedsel in 'n binne-na-buite-ruimte gesentreer is terwyl mense bymekaar kom en 'n gemeenskapsleefstyl omarm."

Dit is belangrik vir die proses van herbesinning oor toekomstige behuising dat ontwerpspanne uit kundiges op verskeie vakgebiede – en nie slegs die geboude omgewing nie – bestaan, voeg sy by. COVID-19 het die feit uitgelig dat sosiale wetenskaplikes en filosowe net so nodig vir die ontwerp van behuising en stedelike landskappe is as ingenieurs, argitekte en bouers.

Herbedink die kraal (onder die boom)

Span Mahali se spuitfonteinstelsel het baie aandag by die Solar-dekatlon Afrika-kompetisie getrek. Die spuitfontein het ook as 'n bergingsfasiliteit vir reënwater gedien. “Die sentrale spuitfontein is aan 'n 2 000-liter 'waterblaas' gekoppel wat onder die dek geïnstalleer is. Die water word dan gebruik vir 'n opwaartse sirkulasie-groentetuin en vir die was van die fotovoltaïese sonpanele," verduidelik Bloem.

Baie van die huis se kenmerke is nou die onderwerp van verdere studies en navorsing. Dit sluit in die feit dat die huis vervoer kan word, teen plae bestand is en veral belangrik, dat dit bekostigbaar is.

Me Wimbayi Kadzere, 'n argitek, US-alumnus en spanlid van Mahali, sê die COVID-19-pandemie het die belangrikheid en doeltreffendheid van ruimte, natuurlike lig en ventilasie in geboue beklemtoon.

“Die plasing van ruimtes in die Mahali-huise rondom 'n sentrale binnehof reguleer die gehalte van lug en lig binne daardie ruimtes en ondersteun verminderde energieverbruik. Op die ou einde bevorder dit die welstand van inwoners sonder die bykomende koste van meganiese ventilasie en beligting," sê sy.

Kadzere beklemtoon ook die noue verband tussen behuising, gesondheid en welstand. Die uitleg is op tradisionele binnehof-tipologie gegrond. “Ons sal dalk moet teruggaan na hierdie tipe behuising wat dikwels in baie Afrika-streke gevind word – van huis wat rondom 'n sentrale beeskraal gerangskik is tot die tradisionele Ashanti-woning en die Marokkaanse 'riad'.

“Dit is algemene gebruik dat sentrale binnehowe rondom 'n sentrale spuitfontein gerangskik is vir beide bioklimaatsbeheer en estetiese doeleindes," sê Kadzere. 

Blom stem met Kadzere saam dat die hoofinspirasie vir die ontwerp van beide die huise in Benguerir en Kaapstad was om iets te ontwerp wat 'n boom kon verteenwoordig – wat baie gepas is vir ons vasteland. “Ons skuil teen die warm Afrika-son onder 'n boom, ons deel kennis en stories onder dit. Ons kom selfs daar byeen om die lewe te vier. 'n Boom opsigself verskaf nie net skaduwee nie, maar dit wek ook energie op deur die blare en het 'n gesofistikeerde waterstelsel binne en buite om aan die lewe te bly. Dit was ons natuur-geïnspireerde ontwerpkonsep. Met die skadu bo-oor, is die fotovoltaïese sonpanele by die struktuur geïntegreer en kon reënwater op 'n sentrale punt geoes word.

“Die binnehof-tipologie is deur ons boomkonsep gekomplimenteer en kan ook 'n passiewe verkoelingseffek fasiliteer. Hoewel dit opsigself nie 'n nuwe ontwerpkonsep is nie, het ons ietwat wegbeweeg van hierdie tipe behuisingsuitleg af. As jy byvoorbeeld na die Marokkaanse riad kyk, bring die waterliggaam in die middel 'n koel luggie. In die geval van beide die Mahali-kompetisie ontwerpe, het ons verhewe, deurlatende bedekking gehad sodat ventilasie die huis kon laat afkoel."

Kritiek

Bloem meen die tipiese kritiek dat huise wat hoofsaaklik uit herwinde materiaal gebou is, se waarde laer is, is 'n wanopvatting. “Daar is genoeg voorbeelde wat die teenoorgestelde bewys. Die Lynedoch-ekodorp langs Stellenbosch se Instituut vir Volhoubaarheid is beslis een van die grootste inspirasies vir ons pogings. Baie van die huise in hierdie gemeenskap is met herwonne stene gebou – en hulle is stewig en pragtig."

Die pad vorentoe

Volgens Bloem inspireer die feit dat vier Suid-Afrikaanse stede (Ethekwini, Tshwane en die Stad Johannesburg en Stad Kaapstad) onlangs by die 'C40-stede net zero koolstof teen 2050'-inisatief aangesluit het, die span. Die doel is dat alle nuwe geboue teen 2030 en alle geboute teen 2050 heeltemal 'groen' sal wees. “Dit opsigself gee aan ons span die voorsproing en ons hoop om met plaaslike regerings en vennote te kan saamwerk om saam hierdie pad aan te pak."

Bloem voeg by: "Die Mahali-span het baie waardering vir nie net die ondersteuning wat die Stad Kaapstad bied nie, maar ook vir die forums, soos die My Clean Green Home-ontwerpkompetisie, wat deur die Stad geskep is om te wys wat moontlik is."​

Dit is veral belangrik, sê Bloem, dat die span ook op sosiale impak fokus – om 'n te ploeg in gemeenskap met minder ekonomiese hulpbronne. “Ons het byvoorbeeld 'n vennootskap met n plaaslike sosiale entrepreneurs, mnr Songo Fipaza van Kayamandi op Stellenbosch, om hom te help om 'n swembad te ontwerp en te bou sodat vir die kinders van Kayamandi kan leer sweem.

Navorsingsonderwerpe waaraan Bloem en haar medenavorsers tans werk, sluit in om meer in diepte na opwaartse herwinning, die ontwrigtende aard van net zero-koolstof ('groen') en die plek van tegnologie.