Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Nuwe Fakulteitspublikasie nou beskikbaar
Outeur: FMHS Marketing & Communications / FGGW Bemarking & Kommunikasie
Gepubliseer: 16/02/2021

​Die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe se Jaarlikse Fakulteitspublikasie vir 2020 is nou beskikbaar.

Hierdie nuwe weergawe is stampvol al die nuutste Fakulteitsnuus, en spog met stories oor ʼn aantal Covid-19 verwante inisiatiewe deur kollegas en student, asook ʼn foto-artikel met van die FGGW se voorstelinie gesondheidswerkers.

Hardekopieë van die boek is beskikbaar op die eerste vloer van die Kliniese gebou, of dit kan digitaal besigtig word as ʼn blaaibare PDF, of op die aanlynplatform.