Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Elsabe Daneel Kommunikasiewerkswinkel 2023
Outeur: Claudia Swart
Gepubliseer: 06/09/2023

ELSABÉ DANEEL KOMMUNIKASIEWERKSWINKELS

Elsabé Daneel is ʼn bekende televisie-aanbieder, televisie- en rolprentaktrise en toneelspeler, en regisseur van talle teaterproduksies. Sy is ʼn produksieleier, regisseur en aanbieder van korporatiewe video's asook dokumentêre programme vir kykNET en M-Net.

As kommunikasie- en mediastrateeg bied sy kommunikasiewerkswinkels getiteld Communication IQ aan. Hierdie prettige en praktiese werkswinkels in kommunik

​asie- en projeksievaardighede is gerig op korporatiewe kliënte, televisie- en radio-aanbieders, akteurs, openbare sprekers, opvoeders, studente, akademiese personeel, en so meer.

Elsabé gaan in 2023 een kommunikasiewerkswinkel vir akademiese (doserende) personeel van die Universiteit Stellenbosch aanbied.  

Deelnemers kan na die volgende onderwerpe uitsien:
 
·            Begrip van kommunikasie-jargon
·            Ontdek die ABC van die kommunikasieproses
·            Evalueer jou sterk en swakker punte as ʼn kommunikeerder
·            Hoe om kommunikasiemodelle vir jou te laat werk
·            Ontdek die tegniese aspekte wat die kommunikasieproses beïnvloed
·            Die rol van persoonlike styl
·            Die belang van liggaamstaal
·            Eksperimenteer met vokalisering
·            Ontspanningstegnieke wat werk
·            Hoe om jou mondelinge boodskap te verpak
·            Die vestiging van goeie verstandhoudings
·            Die dinamika van kommunikasie
·            Wenke vir uiters doeltreffende kommunikeerders
·            Die gebruik van tegnologie in die klaskamer as deel van die 'omgekeerde klaskamermetode'
·            Doeltreffende kommunikasie in aanlyn lesings.

Wanneer:
26 September

Tyd:

13:00 tot 17:00
 
Waar:
Skuilhoek, 41 Victoriastraat  
 
Daar is slegs 10 plekke per werkswinkel beskikbaar.
 
Skakel met Claudia Swart (claudias2@sun.ac.za) om jou plek te bespreek!