Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Ondersteuning vir dosente tydens "Emergency Remote Teaching, Learning and Assessment"
Outeur: Claudia Swart
Gepubliseer: 01/07/2020

Die aanvang van COVID-19 het ons genoodsaak om ons in-persoon interaksie met studente gedurende die eerste semester, asook vir die afsienbare toekoms , te vervang en voor te berei vir die implementering van “Emergency Remote Teaching, Learning and Assessment” (ERT).

Die doel van ERT is nie om ’n robuuste opvoedkundige ekosisteem te herskep nie, maar eerder om tydelike toegang tot onderrig en onderrrigondersteuning beskikbaar te stel op ’n wyse wat vinnig opgestel kan word en betroubare toegang kan verseker gedurende ’n nood- of krisistoestand (Hodges, Moore, Lockee, Trust & Bond, 2020 [vertaal]). ERT vereis die herdink en aanpassing van ons in-persoon O&L&A (Onderrig, Leer en Assessering) vir aanbieding via die SUNLearn platform. Die beginsels van goeie in-persoon O&L&A is steeds van toepassing in die aanlynomgewing – dit is slegs die modus van aanbieding wat verskil.

Die vertrekpunt van hierdie proses van aanpassing is die herdink van die uitkomste, assessering en leergeleenthede van u module vir die aanlynomgewing. Dit is belangrik om die aktiewe betrokkenheid van studente in die ontwerp in te sluit asook om studente aan te moedig om verantwoordelikheid vir hulle eie leer te neem. Hou dit eenvoudig, veral indien u ’n nuweling in die aanlyn O&L&A omgewing is. Kontak gerus die SOL adviseur in u Fakulteit om saam te dink oor die skuif en voorbereiding van u aanlynmodule vir Semester 2. U kan ook die skuif met die BLC in u Fakulteit bespreek en die skep van ’n SUNLearn module aanvra indien u nog nie een het nie.

Gedurende die eerste semester is ’n reeks hulpbronne saamgestel om dosente en studente te begelei deur die aanpassing na ERT. ’n SUNLearn module vir dosente, “Lecturer Support for Online Teaching” is ontwikkel om u stap-vir-stap te ondersteun met die skuif van in-persoon O&L&A na die aanlynomgewing as deel van ERT.

Alle vrae oor aanlyn leer en onderrig kan gerig word aan Dr Antoinette van der Merwe: advdm@sun.ac.za

Bron: Charles Hodges, Stephanie Moore, Barb Lockee, Torrey Trust and Aaron Bond. 2020. EDUCAUSE Review, Friday, March 27, 2020. Online available https://er.educause.edu/articles/2020/3/the-difference-between-emergency-remote-teaching-and-online-learning

Lecturer Support for Teaching Online webblad op SUNLearn

’n Webblad wat praktiese riglyne bied vir die aanpassing van ’n SUNLearn-modulebladsy om as ’n virtuele klaskamer te funksioneer. Alle dosente kan toegang tot die webblad kry nadat hulle by SUNLearn aangeteken het.
Dosente wat nie toegang tot die webblad kan kry nie, kan via die SUNLearn-hulptoonbank hulp vra en/of met hul fakulteit se Gemengdeleer-koördineerder in verbinding tree vir hulp.

Virtuele Seminaar-reeks

Podgooie van ‘n virtuele seminaar-reeks wat op die voorbereiding van dosente vir aanlyn leer fokus, is beskikbaar op die Lecturer Support for Online Learning SUNLearn module.

​Hulpbron vir aanlyn assessering

‘n Aanlyn hulpbron om dosente te help om vir aanlyn assessering voor te berei, is ontwikkel.Klik hier vir toegang tot die hulpbron.
Podgooie van verskeie webinare wat fokus op aanlyn assessering is ook beskikbaar, klik hier.

Aanlyn taalondersteuning deur die Taalsentrum vir dosente

Die Taalsentrum kan jou lesingmateriaal vertaal – of dit nou ʼn dokument of podsending is. Ons kan dit in Afrikaans en Engels (en soms in Xhosa) doen, en aanlyn ondersteuning bied deur skryf- en leeskonsultasies. Aanlyn taalkursusse is ook beskikbaar. Klik hier om al die vorme van taalondersteuning beskikbaar aan dosente vir aanlyn onderrig en leer te sien.​